PROMOSIE

Dis belangrik om na ’n mens se welstand om te sien. Die algemene raad is jy moet gesond eet, genoeg slaap en agt glase water per dag drink.

kelloggs promo

’n Behoorlike ontbyt is die eerste stap in hierdie welstandplan, maar gesond bly hoef nie vervelig te wees nie. Terwyl jy die belangrikste maaltyd van die dag eet, kan jy jou met iets spesiaals bederf. Jy hoef nie eens elke dag dieselfde ontbytkos te eet nie.

Kellogg’s wil juis hê Suid-Afrikaners moet hul dag goed begin. Daar is meer maniere om Kellogg’s Corn Flakes en Kellogg’s Rice Krispies voor te sit as net in ’n bakkie met melk, en danksy heerlike resepte en bedieningsvoorstelle lyk ontbyt splinternuut. Hoe maak jy seker daar is woema in jou wakker word? Hoe maak jy jou ontbyttafel anders? Laai jou resep op by shakeupyourwakeup.co.za en kry ander Kellogg’s-liefhebbers se resepte. Van Mei tot November gaan vier resepte elke maand beloon word met koopbewyse van R1 000 wat by enige winkel ingespan kan word! KRAAKVARS SKONS

Hier is ’n maklike skonresep met Kellogg’s Corn Flakes en Kellogg’s Rice Krispies vir ekstra krakerigheid. Sit met ’n vrugte-compote en brie voor.

LEWER 20 SKONS

Bestanddele

SKONS

750 ml (3 k) bruismeel

5 ml (1 t) sout

125 ml (½ k) elk Kellogg’s Corn Flakes en Kellogg’s Rice Krispies

60 ml (¼ k) suiker

2 eiers

500 ml (2 k) karringmelk

60 ml (¼ k) olie

VRUGTE-COMPOTE

200 g vrugte, bv. aarbeie of braambessies (vars of bevrore)

45 ml (3 t) suiker

1 vanieljepeul of steranys of kaneelstokkie

geklopte room of crème fraîche of brie vir voorsit

Voorverhit die oond tot 190 °C. Smeer ’n bakplaat.

Metode

  1. Skons Sif die meel, suiker en sout saam en voeg die graankos by.
  2. Klits die eiers, melk en olie saam. Voeg die meelmengsel by en roer tot gekombineer.
  3. Skep groot lepels vol deeg op die bereide bakplaat en bak 15-20 min. tot gaar en tot ’n toetspen skoon uitkom. Haal uit die oond en laat op ’n draadrak afkoel.
  4. Sit met die vrugte-compote voor.
  5. Vrugte-compote:  Terwyl die skons in die oond is, kook die vrugte, suiker en speserye in ’n pot tot sag. Maak die mengsel fyn en laat dit afkoel.

    Sit saam met die room of kaas by die skons voor.