PROMOSIE

By ’n goeie ontbyt is vrugte, vrugtesap en graankos altyd op die tafel. Kombineer jy hulle, sal ’n lekker ontbythappie selfs beter smaak.

fruity

Dis nie altyd maklik om soggens op te staan nie, maar nou het jy nog ’n fantastiese rede om wakker te word en aan die gang te kom. As jy die dag met ’n goeie ontbyt begin, sal jy produktiewer en suksesvoller wees. As daardie ontbyt boonop geurryk, smaakvol en effens ongewoon is, sal jou dag selfs nog beter wees.

Om jou wakker kry danksy iets spesiaals vir ontbyt met lekkerkry klaar te kry, is beslis die beste ding wat jy vir jouself en jou gesin kan doen. Dit hoef nie moeilik of tydrowend te wees nie en dit moet nooit vervelig wees nie.

Een liplek-lekker manier om jou dag te begin, is met vrugte-“koeskoes”. Oor Suid-Afrika heen lyk ontbyt splinternuut danksy heerlike resepte en bedieningsvoorstelle. Met Kellogg’s is daar miljoene maniere om jou dag groot te begin. Hoe maak jy seker daar is lekkerkry in jou wakker kry? Hoe maak jy jou ontbyttafel anders? Laai jou resep op by shakeupyourwakeup.co.za en kry ander Kellogg’s-liefhebbers se resepte. Van Mei tot November gaan vier resepte elke maand beloon word met koopbewyse van R1 000 wat by enige winkel ingespan kan word! VRUGTE-"KOESKOES"

GENOEG VIR 4 MENSE

Bestanddele

6 dadels en Turkse appelkose, gekap

lemoensap

2 appels en pere, ontkern en gekap

’n groot hand vol gekapte mentblare

’n knippie fyn kaneel

500 ml (2 k) Kellogg’s Special K, gekrummel

geroosterde amandelvlokkies (opsioneel)

heuning na smaak

Metode

1. Bedek die dadels en appelkose met die lemoensap en laat week omtrent 1 uur. Voeg die vrugte, ment en kaneel by. Hou verkoel tot net voor opdiening.

2. Meng die gekrummelde Kellogg’s Special K en amandels (indien gebruik) by, skep in bakkies en bedruip met ’n tikkie heuning.