PROMOSIE

As jy gedink het die ATKV is ? outydse taalorganisasie wat net teem oor die korrekte gebruik van Afrikaans, dink weer!

videoclip-foto-046

Die organisasie is vanjaar 86 jaar oud, en spog met 300 takke in SA en Namibië, waaraan altesaam 200 000 gesinslede behoort.

Dis reg, want by die ATKV gaan dit vir ons oor die belange van oud en jonk, met Afrikaans as die belangrikste gemene deler.

Die ATKV ondersteun Afrikaans in sy volle omvang onder alle Afrikaanssprekendes, maar ons beywer ons ook vir moedertaalonderrig vir alle taalgroepe en vir ? meertalige Suid-Afrika. Ons bevorder gebruiksafrikaans onder nie-Afrikaanssprekendes, onder meer deur ons jaarlikse koorkompetisie waaraan 15 000 mense van alle taalgroepe deelneem.

Ons kultuurprojekte bereik jaarliks meer as 500 000 mense landwyd, en een van ons projekte, die Rieldanskompetisie, het al internasionaal opslae gemaak toe ? rieldansgroep by ? internasionale kunswedstryd as goue medaljewenners aangewys is.

Meer as 15 000 mense neem jaarliks deel aan ons koorkompetisie, en twee van ons projekte (Tienertoneel- en ons Redenaarskompetisie) is albei al vir meer as vyftig jaar aan die gang en landswyd bekend.

Sluit vandag nog aan as lid van die ATKV, en ontvang ons veelbekroonde tydskrif, Taalgenoot, gratis as deel van jou lidmaatskapvoordele. Die Taalgenoot is byna net so oud soos die organisasie, en het uitmuntend daarin geslaag om tred te hou met moderne tydskriftendense.

LAPA Uitgewers, die organisasie se eie uitgewers, is die grootste kinderboekuitgewer van oorspronklike Afrikaanse boeke in die land, en LAPA-boeke uit alle genres boer op Afrikaanse topverkoperlyste. By die ATKV is lees baie belangrik, en ons bevorder dit op verskeie maniere in gemeenskappe en by skole en feeste.

Die Vriende van Afrikaans versprei jaarliks 50 boektrommels aan behoeftige skole as nog ? manier om lees te bevorder.

Die ATKV doen moeite om uitnemendheid in Afrikaans te bekroon, en doen dit jaarliks deur ’n verskeidenheid toekenningsgeleenthede, onder meer aan Afrikaanse joernaliste en skrywers.

Maar by die ATKV gaan alles darem nie net oor werk en projekte nie. Ons sorg ook dat jy dit kan bekostig om te gaan uitspan by ons sewe baie bekostigbare vakansieoorde. Boonop spog al ons oorde met talle bedryftoekennings, wat ? genotvolle vakansie vir jou sal verseker.

Die ATKV verseker ook dat jy met gemoedsrus kan aftree by een van ons twee Negester leefstyl-behuisingsontwikkelings.

Waarvoor wag jy? Sluit sommer vandag nog aan by die ATKV. Lidmaatskapfooie is slegs R76.50 per maand.