PROMOSIE

All Bran-panpizza is so maklik om te maak, jy kan dit enige tyd berei!

pan pizza 600

Maak die pizzabasis met Kellogg’s Special K of All-Bran Flakes vir ’n vinnige en maklike ete. Dis ’n heerlike gereg vir familie-byeenkomste, spesiale geleenthede – of net sommer omdat dit naweek is! Danksy heerlike resepte en bedieningsvoorstelle lyk ontbyt splinternuut. Met Kellogg’s is daar miljoene maniere om jou dag groot te begin. Hoe maak jy seker daar is lekkerkry in jou wakker kry? Hoe maak jy jou ontbyttafel anders? Laai jou resep op by shakeupyourwakeup.co.za en kry ander Kellogg’s-liefhebbers se resepte. Van Mei tot November gaan vier resepte elke maand beloon word met koopbewyse van R1 000 wat by enige winkel ingespan kan word! ALL BRAN-PANPIZZA

GENOEG VIR 4-6 MENSE

Bereiding: 20 min.

Gaarmaak: 20 min.

Basis

3 x 250 ml (3 k) koekmeel

22 ml (4½ t) bakpoeier

5 ml (1 t) sout

250 ml (1 k) All-Bran Flakes of Special K, liggies gekrummel

2 eiers

375 ml (1½ k) melk

60 ml (1/4 k) olie

Basiese tamatiebolaag

2-3 ryp tamaties, in klein blokkies gesny

2 knoffelhuisies, gekap

olyfolie

vars origanum en basiliekruid

sout en peper

Basiese uiebolaag

2 uie, dun gesny

2 knoffelhuisies, gekap

olyfolie

tiemie

sout en peper

Ander bolaag-idees

cheddar, biltong en ingelegde soetrissie

Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n bakplaat of ’n oondpan.

1. Basis Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Voeg die Kellogg’s All-Bran of Kellogg’s Special K by.

2. Klits die eiers, melk en olie saam. Voeg die meelmengsel by en meng deeglik. Druk in die bereide oondpan.

3. Basiese tamatiebolaag Meng al die bestanddele en smeer op die pizzabasis.

4. Basiese uiebolaag Braai die uie en knoffel in die olie tot sag en liggies gekaramelliseer. Skep oor die tamatiemengsel.

5. Sit die cheddar, biltong en soetrissies bo-op.

6. Bak 15-20 min. tot die kors gaar is en die kaas gesmelt het.

VARIASIE: Pleks van die tamatie- en uiebolaag, smeer basiliepesto op die basis, strooi ’n hand vol kersietamaties bo-op en rond met bocconcini-kaas af. Bak tot die basis gaar en die kaas liggies gesmelt is.