MissSA_2014_Campaign_BM-3

Website | Facebook | Twitter

[post-slider]

Die Mej. Suid-Afrika-finalis Anzel Stofberg het tydens die verfilming van die werklikheidsreeks The Road to Miss SA gewys sy is glad nie bang vir spinnekoppe nie.

Om die waarheid te sê, baie van die deelnemers het insekte beter hanteer as wat hulle lipstiffie aangewend het op ’n stamperige rit deur ’n wildtuin.

Dis net ’n paar van die uitdagings wat die 12 Mej. Suid-Afrika-finaliste die hoof moes bied op ’n martelkamp by Sun City voor die kroning op 30 Maart.

Anzel (22) is ’n B.Com.Hons.-student aan die Universiteit Stellenbosch. Sy erken die verfilming was ’n groot uitdaging, maar ook baie bevredigend. “Magiese ervarings gebeur wanneer jy buite jou gemaksone is. Jy moet soms kanse waag. As jy as ’n mens wil groei en ’n beter jy wil wees; sê ja vir uitdagings.” Dipalesa Mbola van Bloemfontein is ’n honneursstudent in sakebestuur. Sy sê sy het tydens die verfilming soos ’n prinses gevoel. “Die span is wonderlik en ek het baie gehou van die stilering, die skoonheid, die modes en sommige uitdagings. Ek moet erken, ek was nogal stom van verwondering in die geselskap van die aankondiger Elana Afrika-Bredenkamp.”

“Magiese ervarings gebeur wanneer jy buite jou gemaksone is. Jy moet soms kanse waag"

Tog was dit nie net pret en plesier nie. Die Mej. Suid-Afrika-finaliste het lang ure gewerk, en dikwels ook onder moeilike omstandighede. Tydens ’n nagtelike fotosessie het hulle sopnat gereën op die loopplank. Hulle moes ook hul slag wys met koekbak.

Daar was ook aandoenlike tye, soos toe hulle koeke geskenk het aan die 74 inwonertjies van die Thari Mmekega-weeshuis, ’n  projek vir korporatiewe maatskaplike belegging van Sun International. Die skoonhede het emosioneel geraak terwyl hulle die kinders beter leer ken het; veral toe ’n vigswesie ’n roerende gediggie voorlees wat hy geskryf het.

Matlala Mokoko, ’n B.Com-student van Limpopo, sê: “Dit het my teruggevoer na my kinderjare op ’n dorpie naby Ga-Masemola; die speletjies wat ons gespeel het, my vriende. Ek is nog bevriend met al daardie meisies. ’n Sterk band het tussen ons gevorm omdat ons dieselfde ervarings gehad het, waarvan sommige moeilik was.”

Jade Hubner van Kaapstad verklap sy is maar nes ons almal. “Die kos was absoluut heerlik; ek weeg al ’n paar kilogram swaarder.”

Die 12 finaliste is:

  • Abigail de Jager (22) van Stellenbosch
  • Anzél Stofberg van Stellenbosch
  • Caylene Marais (23) van Roodepoort
  • Dipalesa Mbola (22) van Bloemfontein
  • Jade Hubner (21) van Kaapstad
  • Julia Petersen (22) van Durban
  • Matlala Mokoko (23) van Ga-Masemola Marogwe, Limpopo
  • Mishka Patel (21) van Kaapstad
  • Rolene Strauss (21) van Bloemfontein
  • Tidimalo Sehlako (22) van Vereeniging
  • Tshegofatso Monggae (20) van Roodepoort
  • Ziphozakhe Zokufa (22) van Port Elizabeth

KLIEK HIER OM DIE FINALISTE TE ONTMOET

The Road to Miss South Africa word elk Sondagmiddag halfses uitgesaai op Mzansi Magic (DStv-kanaal 161).  Dis ’n werklikheidsprogram oor die aanloop tot die kroning van die 56ste Mej. Suid-Afrika in 30 Maart by Sun City. Sun International bied Mej. Suid-Afrika aan en Cell C borg dit.