Baie van dié eertydse skoonheidskoninginne het mekaar jare gelede laas gesien en daar was baie soene en drukkies.

Carl Isaacs, die haarkapper by die Mej. Suid-Afrika-wedstryde, en sy span was druk besig om die vroue selfs mooier te laat lyk. Hulle is ook uitgevat in pragtige uitrustings en juweliersware.

Die skoonhede was Batsetsana Kumalo (1994), Peggy-Sue Khumalo (1996), Cindy Nell (2002), Tatum Keshwar (2008), Nicole Flint (2009), Bogang Montjane (2010) en Meldina Bam (2011).

Hul boodskap was dieselfde: Hulle glo in hulself en die advertensie weerspieël hul rol in die gemeenskap.

[video width="1024" height="576" mp4="http://www.huisgenoot.com/wp-content/uploads/2014/02/Miss-SA_01_Title_1.mp4"][/video]