Maar nou is hy beter toegerus om ’n verskil te maak met die hulp van drie vriende uit die Lenasia-gemeenskap; Ismail Moola, Mohamed Jassat en Ridwan Mia. Hulle missie: Bemagtig die jeug. Gee hulle die geleentheid om hoër te mik op akademiese gebied en ’n kans te staan om erken te word.

“Ons is almal passievol oor gemeenskapsdiens en om terug te gee. Tydens ’n klein samespreking het ons besef dat ons personeel beter kan presteer as hulle aangespoor word en daarom het ons besluit om die opvoedingstelsel te implementeer; Project D1st1nct1on is so in die lewe geroep.”

Hulle het hul eie sak geskud en na borge gaan soek en binne net een week het hulle R150 000 gehad. As gevolg hiervan ontvang drie Graad 12-leerders uit die gemeenskap studiebeurse en ander studiehulpborgskappe.

Dit was verlede jaar. Hierdie jaar is 16 skole in Lenasia, Benoni en Marlboro geteiken en die vereiste bedrag het gestyg tot R400 000. Die top Graad 12-leerders uit elke skool sal ’n beurs ontvang; en pryse en toekennings sal dien as aansporing en erkenning vir 10 leerders uit elke skool; die skool met die hoogste slaagsyfer; die skool wat die beste verbetering getoon het; die beste leerder; en die leerder met die beste wiskunde en wetenskapresultate.

“Ons het Lenasia gekies omdat ons inkomste van daar kom en omdat ons graag die gemeenskap wil ondersteun wat ons ondersteun. Ek kom van Benoni af en Mohamed kom van Marlboro af – ons moes teruggaan huis toe en aan die gemeenskap gee wat hulle vir ons gegee het.”

Benewens die finansiële belonings, moedig Project D1st1nct1on leerders van hierdie skool ook aan deur kragtige motiveringstoesprake oor volharding, geleentheid, geduld en hulle vermoë om ’n verskil te maak. ’n Facebook-bladsy met gereelde motiveringsinsette en -besprekings dien as bystandgroep wanneer leerders hulle gedagtes met ons deel en dit rus hulle ook toe met die emosionele gereedskap om ’n sukses van hulle lewe te maak ten spyte van teenspoed.

“Die toekomstige geslag het opvoeding, motivering en verheffing nodig. Die konsep is eenvoudig: stoot die prestasie en standaard van ons matriekuitslae op om vir ons leerders ’n beter toekoms te verseker.”

Dit is Waseem se storie van hulp. As jy graag wil help:

Sel: 084 999 0999

E-pos: waseem@webmail.co.za

As jy graag wil help, besoek:

#YouCanHelp

As jy graag wil help, besoek: