Die redding van vasgekeerde passasiers onder ’n omgekeerde boot op ’n stormsee. Die redding op die nippertjie van bejaarde slagoffers uit ’n brandende gebou. ’n Ongebore baba in die baarmoeder van ’n oorlede vrou kry wonderbaarlik die kans om te leef.

Dit is die meedoënlose werk van die personeel van Suid-Afrika se nood- en reddingsdienste – onverskrokke mans en vroue wat al hul krag, stamina en energie wy aan lewensredding. Min mense weet Suid-Afrika se nood- en reddingswerkers is van die beste ter wêreld.

Deur hierdie stories van mense se uithouvermoë, volharding, vaardigheid en spanwerk in drie minuut lange video’s te deel, bied dié projek ’n boeiende blik op toegewyde diens aan alle Suid-Afrikaners. Besoek www.centrumguardian.com om die video’s te kyk en op sosiale media te deel.

Die publiek kan in Julie, Augustus en September vanjaar enige Centrum®-produk koop en so betrokke raak. Centrum gaan ’n lewe help red deur geld te skenk vir die gespesialiseerde opleiding vir nood- en reddingswerkers. Centrum® sal met die rolspelers in die bedryf skakel om die gespesialiseerde opleidingsbehoeftes van die verskillende nooddienste-afdelings uit te ken.

Die opleiding help rampe voorkom en in party gevalle verminder dit die omvang daarvan. Dit verbeter die reddingswerkers se lewe wat voordeel trek uit beter kennis en bykomende vaardighede, maar op die ou end bevoordeel dit ook die gemeenskap waarin die persoon werk.

Die Centrum® Guardian-projek het danksy gewillige en vrygewige borge oor die afgelope drie jaar amper R2 miljoen se opleiding verskaf. Dit sluit in:

  • Kursusse oor petrochemiese brandbestryding (Sasol se Gedeelde
  • Dienste Secunda).
  • Reddingstegnieke met ligte en nuwe voertuie (Fire Raiders en Holmatro).
  • Die nuutste in nood mediese protokol (ER24-opleidingsakademie).
  • Gevorderde 4x4-bestuursopleiding vir grondpaaie (MasterDrive).
  • Internasionale kursusse in trauma-lewensondersteuning (Netcare911 se opvoedkunde-fakulteit van nood- en kritieke sorg).
  • Kursus in redding uit beknopte ruimtes (Rural Metro Emergency Management Service).
  • Gevorderde opleiding in die bestuur van ’n swaarvoertuig (Scania).
  • Slypskole oor die uitkenning van slange en slangbytbehandeling (Eskom en International Medical Services).
  • Kursusse in hoëhoogte-touredding (ETS Emergency Training Solutions).
  • Kursusse in brandvoorkoming en veiligheidstrategieë (Brandbeskermingsvereniging).

“Deur in die openbaar aan hierdie reddingswerkers hulde te bring, kon ons volhoubare bewustheid en welverdiende erkenning vir hierdie uitdagende bedryf skep. Ons het eerstehands gesien wat die geborgde opleiding vir hulle beteken en hoe hulle daarby baat vind,” sê Natasha Macdonald, Centrum® se handelsmerkbestuurder.

Besoek www.centrumguardian.com vir nog

  • Centrum® is ’n wetenskaplik gebalanseerde formule vir volwassenes en kinders ouer as 10. Dit bevat 26 noodsaaklike vitamiene en minerale wat as ’n spesiaal gebalanseerde mengsel voedingstowwe jou gesondheidsbehoeftes help ondersteun.
  • Centrum® Select is spesiaal geformuleer en aangepas vir volwassenes van 50 en ouer. Centrum® Select is ’n volledige multivitamien met ’n spesiaal gebalanseerde mengsel voedingstowwe wat jou gesondheidsbehoeftes help ondersteun.
  • Centrum® Kids is ’n wetenskaplik gebalanseerde formule vitamiene en minerale en is heerlike koutablette wat spesifiek ontwerp is om kinders se gesondheid en welstand te help ondersteun sodat hulle voluit kan lewe.
  • Centrum® is die wêreld se voorste multivitamien – Complete from A to Zinc®