Sy het haar ’n paar dae later vir seksueel oordraagbare siektes (SOS’e) laat toets en tot haar afgryse ontdek sy het chlamydia, herpes simplex-virus 1 en herpes simplex-virus 2 – wat ongeneesbaar is – opgedoen.

Sy het nou besluit om haar verhaal te deel en sodat vroue kan weet MIV is nie die enigste seksueel oordraagbare siekte waaroor hulle hulle moet bekommer nie.

“Ek het altyd gedink my man is getrou aan my. Ek haat die manier waarop ek uitgevind het hy verneuk my.  Ek moes een dag ’n oproep maak en het gevra om sy foon te gebruik. Dis toe dat ek afkom op ’n video van hom en ’n ander vrou wat seks in ons gesinsmotor het, dieselfde een waarin hy altyd geweier het om met my intiem te verkeer."

“Ek weet tot vandag toe nie of dit ’n ongeluk was en of hy wou hê ek moes die video sien nie, maar dit was verpletterend. Hy het die video probeer verduidelik deur te sê hy het dit gemaak ingeval die vrou hom van verkragting sou beskuldig, dan sou hy haar verkeerd kon bewys – asof dit dinge makliker vir my gemaak het!"

“Ek het ’n irritasie in my geslagsdele begin opmerk, en dit afgemaak as ’n vaginale infeksie of ’n allergie reaksie op onderklere wat nie van katoen gemaak is nie. Maar toe ervaar ek dit tussen my boude ook. Ek het nie geweet wat dit was nie, maar het dit geïgnoreer en nie dokter toe gegaan nie."

“Nadat ek daarmee gesukkel het en met dié dat ek op die seksvideo afgekom het, het ek eindelik vir hom gesê ons moet ons albei vir MIV en SOS’e laat toets. Ons het die uitslae ná twee dae ontvang. Ons het albei herpes simplex 1 en 2 asook chlamydia gehad. Herpes simplex 1 tas die geslagsdele aan. Herpes is ongeneesbaar, hoewel dit in sommige mense lank onaktief kan voortleef."

“Ongelukkig steek my herpes telkemale kop uit omdat stres as sneller vir die virus dien. Dit voel gedurig asof ek vir sy sondes boet. Ek het hom nie gelos nie. Ons is nog saam, maar ek vertrou hom nie soos voorheen nie en dis ’n daaglikse stryd. Ek bid elke dag vir die krag net om op te staan en pad te gee omdat dit nie reg is om so te leef nie."

“Toe ek uitvind van sy ontrou, was ek platgeslaan, want selfs toe ander mans met my affairs wou hê, het ek genoeg respek gehad om my huweliksbeloftes te eerbiedig. Ek wil vroue bewus maak hoe belangrik dit is om toetse vir SOS’e te ondergaan. Daar is SOS’e wat permanent is; dus moet jy jou nie blindstaar teen MIV nie."

“Wat ondersteuning betref, het ek ’n vriendin wat luister, maar dis nooit genoeg nie, want sy is nie in dieselfde bootjie nie en kan dus nooit die omvang van my pyn en vernedering ten volle begryp nie."

“As jy jouself in hierdie situasie bevind, praat met iemand wat dit deurgemaak het of iemand wat jy kan vertrou om jou te ondersteun.”

*Skuilname.