[caption id="attachment_62000" align="alignnone" width="600"]Man wat vrou pluk terwyl hy alkohol drink Foto: WikiPhoto[/caption]

DIS nou die tyd om gelukkig te wees, hopelik op ’n verantwoordelike manier . . .

In die feesseisoen kuier ons meer. Daar is die vakansiedae om te vier, die gebeurtenisvolle jaar wat verby is en die belowende nuwe jaar wat wink. Die atmosfeer is ontspanne en feestelik – en ons drink natuurlik ook meer alkohol.

Op ander, minder feestelike tye van die jaar is alkohol en dwelms dikwels die katalisator wat tot mishandeling lei. In die feesseisoen is die gevaar selfs groter dat dinge handuit kan ruk. Mense is emosioneel uitgemergel ná ’n lang jaar en die vlak van verdraagsaamheid is laag.

Roer alkohol by dié situasie en die kans is goed dat geweld en mishandeling in die feesseisoen kan toeneem.

Terwyl ons mense dus aanmoedig om te ontspan en hul kragte te herwin, vra ons ook dat hulle hul perke ken hul gedrag daarvolgens aanpas.

Baie alkohol-gedrewe optredes het ’n rampspoedige langermyn-uitwerking. Mishandeling is soos om met ’n dik permanente koki te teken. As iemand die streep eers getrek het, kan hy of sy nooit na ’n skoon tekenbord terugkeer nie. Dis dus belangrik om waaksaam en verantwoordelik te wees.

Ek wens jou ’n baie gelukkige feesgety en alles van die beste toe vir 2014, wat hopelik ’n jaar sal wees waarin ons groot vooruitgang sal maak in ons stryd teen geweld en mishandeling.

Logo 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kidners- Zelda

Zelda picSMALL Huisgenoot sê baie dankie aan Zelda  la Grange, wat die afgelope 16 dae elke weekdag vir ons geblog het tydens die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders. Dié bekende en gewilde vrou was wyle Nelson Mandela se persoonlike assistent, werk vir die Nelson Mandela-stigting en hou ook motiveringspraatjies. Sy is aktief betrokke by projekte soos Bikers for Mandela Day en Sisters with Blisters in haar rol as beskermvrou van die 1st for Women Insurance-trust. Een van haar lewensdoelstellings is om SA vroue te help bemagtig.