Sy gaan tot 10 Desember elke weekdag vir ons blog tydens die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders, wat Maandag begin.

16_days_logo_englishMEDIUM

ELKE jaar, van 25 November (Internasionale Dag van Geen Geweld teen Vroue) tot 10 Desember (Internasionale Menseregtedag), vestig die wêreld sy aandag op die lot van mishandelde vroue en kinders.

Tydens hierdie 16 dae is ons veronderstel om ’n wit strikkie te dra en geweld teen vroue en kinders teen te staan. Maar is dit genoeg?

Is 16 dae genoeg as ons land as die verkragtingsentrum van die wêreld beskou word? Sal 16 dae ’n land help waar vroue ’n groter kans het om verkrag te word as om te leer lees? ’n Land wat sy getal verkragtings in sekondes meet?

’n Seerplek kan binne 16 dae gesond word, maar vir die slagoffers van seksuele geweld duur die emosionele letsels ’n leeftyd.

Môre, Saterdag, stap ek in Midrand vir daardie slagoffers – vir die honderde en duisende vroue en kinders wat hul stem verhef teen hierdie monsteragtige misdade – en vir die tallose vroue en kinders wat dit nie doen nie.

Sisters with Blisters vind elke jaar plaas en is nou in sy agtste jaar. Die protesoptog word deur 1st for Women Insurance en Jacaranda FM geborg.

[caption id="attachment_60156" align="alignnone" width="600"]Verlede jaar se Sisters with Blisters-optog. Verlede jaar se Sisters with Blisters-optog.[/caption]

Dis so ’n belangrike gebeurtenis vir Gauteng en dis bemoedigend dat so baie mense al geregistreer het om deel te neem.

Sisters with Blisters is ’n platform waar die mans en vroue van Gauteng hul frustrasie kan lug oor hierdie epidemie wat soveel skande oor ons geliefde land bring.

Hopelik sal iemand luister. Hopelik sal iemand besef dat 16 dae nie genoeg is nie – daar behoort 365 dae van die jaar met geweld teen vroue en kinders afgereken te word!

- Zelda

Zelda picSMALL  Zelda  la Grange werk steeds as Madiba se persoonlike assistent vir die Nelson Mandela-stigting en hou ook motiveringspraatjies. Sy is aktief betrokke by projekte soos Motorfietsryers vir Mandeladag en Sisters with Blisters in haar rol as beskermvrou van die 1st for Women Insurance-trust. Een van haar lewensdoelstellings is om vroue te help bemagtig.