En, as hulle slaag om die ouers op te spoor, kan die herontmoetings die bron wees van ’n klompie werklik lekker goedvoelverhale. 

Een van Redditor se gebruikers het medegebruikers wat aanneemkinders was, gevra om hul verhale te deel. Kom ons kyk na ’n klompie van die verhale: 

Hier volg ’n klompie asemrowende ontmoetings:

  • Incasinoouts12, ’n Reddit-gebruiker, het vertel hy het nooit werklik met sy aanneemgesin reggekom nie, want hulle het niks gemeen gehad nie. Toe hy dus sy biologiese ouers die eerste keer ontmoet, het hy verstaan waar al sy karaktertrekke vandaan kom.

“My aanneemouers is nie werklik soos ek nie. Ek hou van heavy metal-musiek, kuns, drank en tatoeëermerke. My biologiese ouers is presies nes ek. Ek het dus dadelik tuis gevoel by hierdie mense wat ek nog nooit vantevore gesien het nie. 

“Ek het gekyk hoe hulle optree en waarvan hulle hou, en hierdie gevoel van tuis wees is anders as enigiets wat ek al ervaar het. Wanneer ek hulle besoek, merk ons almal die klein ooreenkomste tussen ons op. Daai gevoel is onbeskryflik.”

  • Nog een wat kommentaar gelewer het, ryouchanx4, verduidelik dat selfs ’n taalversperring haar nie daarvan kon laat afsien om ’n band met haar biologiese ma te vorm nie.

“Ek was 14 en het die kans gekry om, saam met my aanneemma, by my biologiese gesin in Chili te kuier. Ons het slegs ’n 14 jaar oue adres gehad om hulle te soek. Dit was verbluffend. 
“Ons kon nie Spaans praat nie, maar sy het eenvoudig net geweet wie ek is. Ons het nie woorde of enigiets anders nodig gehad nie. Daar was so baie drukkies, trane en geluk.”

  • Madnamam het onthul hoe senuweeagtig sy was toe sy haar biologiese ma gaan ontmoet. Toe hulle mekaar in ’n parkeerplek sien, het hulle mekaar dadelik omhels. Sy het ook uitgevind sy het twee halfsusters.

“Ek was by die werk toe ek ’n oproep kry oor die finale planne vir die eerste ontmoeting. Ek wou haar ontmoet, maar die besef dat dit werklik gaan gebeur, was oorweldigend. Ek is kleedkamer toe en het gehuil, want dit was eenvoudig te veel om te verwerk. Die aannemingsagentskap het voorgestel dat ons mekaar in ’n restaurant ontmoet."

“Ek het haar vir die eerste keer in die parkeerplek gesien. Ons het mekaar omhels. Sy het my hare gehad. Sy het my oë gehad. Sy het net soos ek gelag. Dit was onwerklik.”

Bronne: reddit.com, viralthread.com