In my vorige blog het ek geskryf oor kos-nostalgie en die oomblikke en herinneringe wat maaltye lewe gee en sorg dat dit ons bybly. Die keersy van die bord (by gebrek aan ’n beter analogie) is die versameling blink, helder, nuwe idees, houdings en fiemies wat ons kop laat draai en ons tong laat tintel.

Hier is van my heeltemal subjektiewe gunstelinge in geen bepaalde volgorde nie, wat ek dink ons die toekoms instuur met interessante en intelligente momentum . . .

Blog

Blogs is weliswaar nie meer so nuut nie, maar dit groei steeds en vir baie van ons is dit nog iets nuuts.

Ek dink goeie blogskrywery is wonderlik. Goeie blogs help ons koskulture en ons voedselbedryf. Dit help ons met die deel van kos, leer ons waar dit vandaan kom en hoe dit berei word en blogs leer ons kos beter waardeer. Dit kan tog net goed wees, of hoe? Een van Suid-Afrika se gunsteling-kosbloggers is Jeanne-Horak Druiff, wat in Londen woon en onlangs dié stuk geskryf het oor die goeie, die slegte en die nare elemente van lustig tik ter wille van dié hedendaagse kulinêre kuns.

http://www.cooksister.com/2013/05/strawberry-rhubarb-upside-down-cake.html

Mikrobrouerye

Mikrobrouerye wat “regte bier” vervaardig duik deesdae oral op en ek glo enigiets met ’n naam soos Van Hunks Pumpkin Ale kan iets goeds en wonderliks wees. Die algemene gevoel is hulle skep biere waaroor ’n mens gerus die pen kan opneem, want hul smaak is uniek, met enigiets van pampoen tot kaneel en alles tussenin. Dit word op ’n klein skaal gemaak en met baie liefde en noukeurigheid. Dis ook ’n wonderlike manier om plaaslike ondernemings te ondersteun. Ook lyk my dit is hier om te bly. Blykbaar verdubbel die getal brouerye elke jaar, maar tog maak hulle aanspraak op net ’n honderdste van die Suid-Afrikaanse mark; daarom is daar baie ruimte vir groei. Dit lyk of mikrobier ’n sekere X-faktor bevat wat veral vroue in vervoering het en laat reik na hul bierbekers.

Verwysings: http://www.timeslive.co.za/lifestyle/2013/04/28/micro-breweries-bubbling-over-in-south-africa

Minder vleis, meer groente

Groente raak ál gewilder en ook nie net as ’n bykos nie. Hulle duik ál meer op as ’n hoofmaaltyd en staan hul plek met trots vol tussen die eindelose verskeidenheid filette, lamsnitte en enige vangs vir die dag.

Kweek dit self

Daar is ’n opwindende, toenemende bewustheid oor waar kos vandaan kom, volhoubaarheid en om kieskeurige omnivore te wees. Daarmee saam kom toenemende opwinding dat ons maklik by die huis kruie, vrugte en groente kan kweek, wat ons ’n rykdom ekstra gesonde bestanddele vir die pot bied. Vir my sal die nuwigheid daarvan nooit verflou nie, selfs al was dit duisende jare ’n doodgewone deel van die lewe...

Maak sap

Daar is ’n onbeperkte aantal boeke en resepte vir alles van gewig verloor tot ’n gelukkige en gesonde hart en sap- en smoothiemakers verkoop soos soetkoek. Probeer dit gerus, selfs al is dit net sodat jou volgende steak na die beste vervlakste ding proe waarin jy al ooit jou tande geslaan het.

Hoender kraai steeds koning

Dis bekostigbaar, bevat minder vet en cholesterol as rooivleis, is volhoubaar en is te kry as vryloop of organies. Ook sal daar nooit ’n tekort wees aan verskillende maniere om dit te berei en geniet nie.

Bak is steeds in die mode

’n Menigte bakprogramme, onder meer The Great British Bake Off, het die kollig teruggetrek na ons mengbakke en klitsers en ek dink dis wonderlik.

Veral brood bak

Dit verbaas my dat ons geslag onsself op die skouer wil begin klop elke keer dat ons ’n min of meer ordentlike brood uit die oond haal, terwyl ons oumas dit toe-oë kon doen.

Tog kla ek beslis nie. Daar is waarskynlik niks meer verruklik in sy eenvoud nie as ’n sny brood vars uit die oond, gesmeer met koue, harde botter. En ja, selfs al gaan dit hier oor wat nuut is, is dit seker nogal ironies dat ek voel die resep wat ek met julle moet deel, is hoegenaamd nie nuut nie, maar gelief en wys van die grysheid en kom in die gedaante van ’n baie eenvoudige roosmaryn-bierbrood. Geniet dit!

Roosmaryn-bierbrood

http://afoodieliveshere.co.za/recipes/autumnwinter-comfort-yumminess/bloomin-brilliant-beer-bread/

As jou idee van ’n wenresep eenvoudig, vinnig en maklik is, met die minste skottelgoed moontlik, dan is dit dit. Dink aan bieragtige roosmaryngeure wat jou tong sal laat dans. Of jy nou die brood bedek met gewone, koue botter of appelkooskonfyt byvoeg, dis lieflik ryk aan moontlikhede. Jy hoef nie eens tyd te mors deur jou voet te tik en te staan en kyk hoe dit rys voor jy dit kan bak nie.

- Sarah Graham

Kosblogger, kookboekskrywer, kookprogramaanbieder