Dié ma het per e-pos aan Huisgenoot ’n brief gestuur waar sy ’n pleidooi aan alle skoonma’s lewer.

[caption id="attachment_125577" align="alignnone" width="600"]Foto ter illustrasie: Flickr, My mother in law deur Bev Sykes/CC BY 2.0 Foto ter illustrasie: Flickr, My mother in law deur Bev Sykes/CC BY 2.0[/caption]

Ek is die ouer van twee kinders. Ek het ’n dogter van 30 jaar en ’n seun van 28 en hulle is albei getroud en het self kinders.

In my hele lewe het ek nog nooit nodig gehad om vir my kinders te sê hoe sleg hulle is nie.

Lees ook: Wanhopige ouma se ope brief: ‘Help! My kleinkind is ’n bedorwe brok!’

Nee, my twee kinders is hardwerkend en hul hande staan vir niks verkeerd nie, maar ongelukkig het my dogter ’n skoonma gekry wat glad nie van haar hou nie.

Van die eerste keer dat my dogter met haar seun uitgegaan het, het sy nog nooit ’n goeie word te sê gehad nie.

Lees ook: Man skryf ope brief aan ander mans in die versoeking om te kul: ‘Moenie soos ek met spyt saamleef nie’

Sy word altyd vertel hoe vet sy is en dat sy nie haar kind reg opvoed nie.

Aan die skoonmammas wat nie ’n goeie woord oor hul skoondogters te sê het nie, wil ek vandag sê: Hou dit vir jouself.

Jy maak ons as ouers se hart seer as jy ons kinders so slegsê, en as jy so aangaan, gaan jy nooit jou kleinkinders sien grootword nie en gaan julle alleen oud word.

Groete,

Van ma tot skoonma

Ander stories op Huisgenoot.com

Hierdie gr. 2-wiskundevraag slaan almal dronk – kan jy dit oplos?

Ontstoke trougas ontvang e-pos van pasgetroudes oor kontantgeskenk kwansuis ‘te min’ was

‘Ek was reusagtig en het gevoel of ek stadige dood sterf,’ sê vrou wie se eks haar voer

Sewejarige seun wat sy hare aan kankerpasiënte skenk word self daarmee gediagnoseer

Suid-Afrikaanse perdebyspesie na Hollywood-ster vernoem