Mmatshepo van Johannesburg het haar ervaring op Modern Zulu Mom gedeel nadat sy ’n ektopiese swangerskap gehad het.

Sy het uitgevind sy verwag haar eerste kind toe sy agt weke swanger was. Maar ure later het haar vreugde in verdriet verander.

Die swangerskap moes dadelik beëindig word, want haar baba het in een van haar fallopiusbuise pleks van in haar baarmoeder gegroei.

Mmatshepo vertel

"Ons het net ’n paar ure geweet ons is swanger. Toe sê toe ginekoloog dit is ’n 'ektopiese swangerskap'. 

Ek en my man was nog net vir ’n paar maande getroud toe ek verskriklike pyn in my buik begin ervaar. Die pyn was onbekend en moeilik om te verduidelik, maar op die een of ander manier het ek geweet iets ernstigs is fout.

Dit was dieselfde pyn van drie weke tevore, maar hierdie keer het pynstillers niks gedoen om die ondraaglike pyn te verlig nie.

Ek het myself oortuig om my nie te bekommer nie en die volgende oggend was die pyn weg. 

Die lewe het nog ’n paar weke aangegaan tot ek een Dinsdagoggend wakker word van skerp buikpyn.

Dit was dieselfde pyn van drie weke tevore, maar hierdie keer het pynstillers niks gedoen om die ondraaglike pyn te verlig nie. Ek het die pyn nog ’n dag verduur tot ek geweet het dit is tyd om my ma te bel.

En sowaar, die uitslae het teruggekom en bevestig ek is sewe tot agt weke swanger.

Sy is ’n gesondheidswerker en ek het gemeen sy sal weet wat fout is. 

Toe my man my daardie aand by my ma se plek aflaai, het ek vol vertroue vir hom gesê: 'Ek is binnekort by die huis.'

Die volgende oggend het ons bloedtoetse laat neem, want almal behalwe ek was oortuig ek is swanger. En sowaar, die uitslae het teruggekom en bevestig ek is sewe tot agt weke swanger.

Die dokter was nie juis bekommerd nie, maar het gesê ’n ginekoloog moet my dadelik ondersoek. Teen daardie tyd was die pyn so te sê weg, dus was ek ook nie juis bekommerd nie. 

Dis nog ’n ektopiese swangerskap – ons tweede vandag

Ek onthou ek het by myself gedink: 'Oukei, dit was nie beplan nie, maar genade, wat ’n seëning!’ En my man was net so verheug oor die nuus, indien nie meer nie, toe ek hom bel om hom te vertel.

Ek het vir hom gesê hy moenie bekommerd wees nie, want dit is waarskynlik net normale swangerskapverwante pyne en ek het my ma ‘gou’ daarna laat kyk. Terwyl ek in die hospitaal was, het hy teruggebel en gesê: 'Nee, ek kom in elk geval. Jy het my nodig.'

En, hemel, was hy reg . . . 

'Dis nog ’n ektopiese swangerskap – ons tweede vandag,' het hy gesê.

Ek onthou nie enigiets anders wat die dokter gesê het nie. Ons baba het in my fallopiusbuis gegroei en al was daar nog ’n hartklop, moes hulle dadelik aborteer. 

Google het vol selfvertroue gereageer met: ‘Ongelukkig nie.’

Teen die tyd dat my man by die hospitaal gekom het, is ek reeds op chirurgie voorberei. Ek het my hand na my foon uitgesteek en op Google gesoek na: 'Kan ’n ektopiese swangerskap gered word?', maar Google het vol selfvertroue gereageer met: ‘Ongelukkig nie.’

Daardie aand moes ek ’n noodoperasie ondergaan om die swangerskap te beëindig, wat die buis so te sê bederf het.

Ek is met baie vrae en berou gelaat oor hoe dit anders kon gewees het

‘Dis baie algemeen vir ’n eerste swangerskap, jy kan steeds swanger word deur die ander buis; en as dit nie werk nie, kan ons na opsies soos surrogaatskap kyk’ – asof dit enigsins ’n troos was.

Ons baba was weg en daar was niks wat ons kon doen om hom of haar terug te bring of die leemte in ons hart te vul nie. 

Ek het aanhou wonder of daar iets was wat ons kon gedoen het om dit te voorkom.

My operasie het so goed afgeloop dat ek die volgende oggend uit die hospitaal ontslaan is. Maar ek is met baie vrae en berou gelaat oor hoe dit anders kon gewees het. 

Ek het aanhou wonder of daar iets was wat ons kon gedoen het om dit te voorkom. Dalk het ek meer alkohol gedrink as was die baba kon hanteer. Dalk moes ek dokter toe gegaan het die eerste keer toe ek pyn ervaar het, of dalk moes ek ’n betroubaarder voorbehoedmiddel gekies het.

Ek weet ek kon beslis ’n bietjie beter na my lyf geluister het, want as ek nog ’n paar dae of weke sonder ’n diagnose aangegaan het, kon ek gesterf het.   

Ons verstaan dalk nooit hoekom God nie wou hê ons moes die baba hê nie

Ons word nog gesond, maar ons lewe val nie uitmekaar nie.

Ons verstaan dalk nooit hoekom God nie wou hê ons moes die baba hê nie, maar ons weet Hy kon vir ons die wonderwerk gegee het wat ons so bitter graag wou hê as ons dit nodig gehad het. Maar ek skat ons het nie.

Om ’n baba te verloor het my geleer dit is in die haak om die pyn te laat gaan. Omarm dit, eer die proses en laat gaan.”

*Mmatshepo het gevra dat net haar voornaam gebruik word.