[caption id="attachment_60255" align="aligncenter" width="600"]foto (Wasfi Akab via Compfight)[/caption]

SOLANK as wat daar Suid-Afrikaners is wat in armoede leef, sal mense ’n gebrek aan selfrespek en waardigheid hê. Hoe kan ons van mense verwag om ander in verhoudings te respekteer as hulle nie eens vir hulleself respek het nie?

Verlede jaar het ons tydens die Motorfietsryers vir Mandeladag-veldtog na ’n landelike skool in Mount Frere in die Oos-Kaap gery. Ek was geskok om te sien dat groeiende kinders die oop veld tussen klaskamers as toilet moes gebruik omdat daar geen wasgeriewe is nie.

’n Klein meisietjie van omtrent agt jaar oud het voor ons groep en al die skoolkinders gaan hurk. Sy het net anderkant toe gekyk en al waaraan ek kon dink, was haar waardigheid. Sy gaan grootword met min respek vir haarself of haar eie liggaam, en sonder ingryping sal sy waarskynlik mishandeling aanvaar omdat sy nou geen waardigheid gegun word nie.

Ons kan dit verander deur druk op die regering uit te oefen om die verskaffing van basiese dienste aan die armstes van die armes so vinnig as moontlik te laat geskied.

Daarsonder is ons gedoem om ál meer jong vroue groot te maak wat hulleself aan mishandeling sal onderwerp omdat hulle dink dis aanvaarbaar.

En terwyl ons wag dat dit gebeur, kan ons gerus liefdadigheidsorganisasies ondersteun soos die 1st for Women Insurance-trust wat veg teen geweld teen vroue en kinders. Ons moet ons mense hoop op ’n beter toekoms gee.

16_days_logo_englishMEDIUM

 - Zelda

Zelda picSMALL  Zelda  la Grange blog tot 10 Desember elke weekdag  vir ons tydens die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders. Dié bekende en gewilde vrou werk steeds as Madiba se persoonlike assistent vir die Nelson Mandela-stigting en hou ook motiveringspraatjies. Sy is aktief betrokke by projekte soos Bikers for Mandela Day en Sisters with Blisters in haar rol as beskermvrou van die 1st for Women Insurance-trust. Een van haar lewensdoelstellings is om SA vroue te help bemagtig.