Die pa is egter nie deel van die kind se lewe nie, en die ma vrees hy kan enige dag opdaag en haar dogter, met wie hy glo geen verhouding het nie, by haar wegraap.

[caption id="attachment_126501" align="alignnone" width="600"]Foto ter illustrasie: Pixabay Foto ter illustrasie: Pixabay[/caption]

Liewe Huisgenoot,

Ek sit met ’n redelike groot probleem. Ek is finaal in 2010 geskei. My eks-man het primêre sorg oor ons dogter gekry. Ek het net dagbesoeke gekry.

My probleem is egter dat my gewese man nog nooit ’n dag in sy lewe na ons dogter omgesien het vandat ons egskeiding toegestaan is nie. Sy moeder het.

Lees ook: Ontstoke ma skryf ope brief aan skoonma’s

In 2013, nadat ek al baie trane gestort het, het sy ma in ’n posisie beland wat haar gedwing het om my kind vrywillig aan my terug te besorg.

Ek het dadelik die situasie by die welsyn aangemeld en my dogter se vordering en huislike omstandighede word kwartaalliks gemonitor. Ek probeer my egskeidingsbevel verander, maar eerlikwaar het ek nie die fondse om dit te doen nie.

Ek was al by die landdroshof gewees om vorms in te vul, maar daar moes ek hoor dat ek dit nie kan indien nie omdat hulle ’n laer hof as die hooggeregshof is.

Ek het voor dit met ’n vrou van die gesinsadvokate gesels wat my aangeraai het om dié papierwerk in te dien sodat die landdroshof my vir evaluasie by gesinsadvokate kan stuur.

Die pa maak geen kontak met ons dogter nie; hy het haar verlede Desember laas gesien. En voor dit net per geleentheid – hy stel hoegenaamd nie belang nie.

Lees ook: Wanhopige ouma se ope brief: ‘Help! My kleinkind is ’n bedorwe brok!’

Sy oudste kind het hy 11 jaar laas gesien. Hy het nie eens ’n vaste werk nie. Hy steel krewe en trek bote uit die see vir ’n inkomste in Margate.

Nou vra ek: Hoe kan ’n mens in Suid-Afrika iets verander of êrens kom sonder om ’n klomp geld uit die sak gejaag te word?

Hoekom word ’n mens van bakboort na stuurboort gestuur en dan kom mens steeds nie reg nie? Hoe werk die wette dan?

Ons dogter is aan my eksman toegestaan omdat hy gejok het. Hy het haar by my gesteel voordat ons geskei is en die gesinsadvokate het ’n aanbeveling deurgegee en gesê ek is te emosioneel, wat te verstane is. Dit was juis omdat hulle gesê het ek moet maar wag om ons dogter te sien – tot ná die egskeiding!

Lees ook: Man skryf ope brief aan ander mans in die versoeking om te kul

Ek dink nie ek is die enigste ouer wat met hierdie probleem sit nie.

Wat as my gewese man by my huis moet opdaag met sy egskeidingsbevel om ons dogter te vat met wie hy nie eens ’n band het nie? Wat maak ek dan? Hoe is dit moontlik dat ons regstelsel nie onskuldige kinders beskerm nie?

Ek was al oral vir raad en advies, maar elke bietjie hoop word afgeskiet omdat niemand antwoorde het nie.

Ek weet dat julle die regte antwoord van ons regsgeleerdes sal kry, want julle is my laaste hoop om seker te maak van die welstand, veiligheid en standvastigheid van my dogter.

Groete,

Moedelose ma

Ander stories op Huisgenoot.com

Jurie Els vertel van sy groot hartseer ná SA vrou op berg Everest sterf

Vin Diesel bring hulde aan wyle Paul Walker op die vooraand van die verfilming van Furious 8

Kyk: Adele kap dit behoortlik uit in haar jongste musiekvideo

Jongmense, dit is waarom jy vandag al moet begin spaar

Hoe jy jou tiener kan help om eksamenstres die hoof te bied