INSPIRASIE

Sy dra haar hare kort en stylvol en rond dit af met die mooiste pienk lippe.

[caption id="attachment_70337" align="alignnone" width="600"]Wendy Garman (links) wil soos Julie Walters lyk Wendy Garman (links) wil soos Julie Walters lyk[/caption]

Ons leser is Wendy Garman, wat ’n onderwyser is – sy is 56 en van Kaapstad.

HARE

  • Knip en dun die hare effens uit en vorm in ’n korter styl.
  • Wend mousse aan en blaas droog.
  • Pluis die hare teen die wortels en stileer met jou vingers.

GRIMERING

Vel

  • Begin met ’n voorbereidingsroom vir ’n egalige gelaat.
  • Wend ’n voggewende onderlaag aan.
  • Tik verbloemroom onder die oë aan en skakeer liggies in.
  • Tik ’n deursigtige los poeier sagkens oor die onderlaag en borsel die oortollige poeier af.

  • Wend ’n satynsagte beige oogskadu oor die hele ooglid aan.
  • Beklemtoon die oogvou en buitenste hoekies van die oog met ’n medium-bruin oogskadu.
  • Trek ’n strepie teen die wimpers met ’n bruin vloeibare omlyner.
  • Krul die wimpers en wend maskara aan.
  • Vorm die wenkbroue met ’n ligbruin wenkbroupoeier of -potlood.
  • Gee die wimpers volume en heg individuele vals wimpers aan.

Wange

  • Borsel ’n rosige pienk mat blosser op die appels van die wange.

Lippe

  • Gee vorm aan die lippe met ’n ligbruin of ligpienk potlood en vul in met ’n bypassende lipstiffie.

mooi02

RESULTAAT

mooi03