Almal ken dié storie alte goed. In ’n vliegtuig, bus of enige beknopte ruimte is jou buurman (of -vrou) van kardinale belang. ’n Man van Centurion deel sy nare ondervinding in ’n vliegtuig tussen Kaapstad en Johannesburg in ’n skreeusnaakse Facebook-inskrywing wat ons met sy toestemming publiseer.

[caption id="attachment_139872" align="alignnone" width="600"]Foto ter illustrasie: Pixabay Foto ter illustrasie: Pixabay[/caption]

Ek sit langs die mees onuitstaanbare mens op die vlug (die een wat dol is oor die venstersitplek). Eers sê hy vir ’n vrou sy moet die oorhoofse kompartement behoorlik toemaak. Sy sê sy het en dis nie haar eerste vlug nie.

Toe sê hy vir my ek moet my foon afskakel, want die vlugkelner het so gesê. Ek ignoreer hom. Dit is ook nie my eerste vlug nie. “Jou hou regtig van jou foon,” sê hy.

Lees ook: Chaos aan boord van Emirates-vliegtuig ná skrikwekkende maaglanding

Dan lees hy die vlugtydskrif. Die vinger-lek-en-blaai-soort lees. Dit sou oukei gewees het – jy kan jou oë toemaak en dit ignoreer – maar dit gaan ook gepaard met ’n steek in my ribbes met elke blaaislag.

Op die onderwerp van arms: die man het geen ontsag vir of konsep van persoonlike ruimte nie. Ek veronderstel vir hom is die bestaan van ’n armleuning ’n onverklaarbare ongerief.

Nie dat hy te veel daarmee gepla is of dit as ’n versperring beskou nie, maar as ek nie die skinkbordtafel laat sak het nie, het hy waarskynlik sy hand op my knie laat rus, of in die afwesigheid van ’n armleuning, op my skoot gesit.

Met sy terugkeer van ’n besoek aan die toilet, sien hy my oë is (opsetlik) toe en vra: “Hoe gaan dit met jou?” asof dit die eerste keer is dat hy my in sy lewe sien of asof jare verloop het sedert ons eerste toevallige ontmoeting.

Kyk ook: Skrikwekkende oomblik toe sterk wind vliegtuig verhoed om te land

Die feit dat ek dit ignoreer is skynbaar glad nie ’n struikelblok nie en hy herhaal homself, met die verwagting ek moet terugantwoord deur te vra of sy onlangse rendezvous in die badkamer en die aanvaarde verligting wat dit gebied het, ’n lewensveranderende ervaring was.

“Dit gaan goed, dankie,” en ek maak weer my oë toe, dalk hierdie keer ’n bietjie fermer.

Die vlug word ook herhaaldelik onderbreek deur ’n gedurige gesnuif links van my, en as ek dit nie duidelik genoeg kon hoor nie, druk hy sy wang amper teen myne, loopneus en al, om uit te staar by die ruit, wat ons vasgestel het hy so baie van hou.

Ek het (’n mate van) vertroue in die mensdom (oor), en dink nie enigiets hiervan was met kwade bedoelings nie. Hy is net die mees oningeligte en sosiaal onbeholpe mens wat ek die ongeluk gehad het om in ’n ruk teë te kom.

Ek moet ernstig aan my “moenie-in-die-openbaar-met-my-praat-nie”-gesig werk.