Dit woel behoorlik in die huis van ons glansblogger Mark Pilgrim. Sy babadogtertjie het die nuwe jaar ingeval, ousus het ’n prinseskamer gekry, en hy self het ’n groot plan vir 2014 . . .

EK IS mal oor Kersfees en ná die vakansie heers daar altyd daardie gemengde gevoel van hartseer dat die vakansie verby is en hernude woema vir die nuwe jaar.

Ek en my meisies het heerlik in Kaapstad vakansie gehou. Ek dink ek het dit miskien een keer met my toon in die water gewaag. Dit was so koud dat elke moontlike aanhangsel teen my bolyf teruggekrimp het op soek na ’n bietjie hitte. My kinders was mal oor die strand.

[caption id="attachment_65042" align="alignnone" width="640"]Mark Pilgrim en sy vrou Nicole op die strand in Kaapstad Saam met my vrou, Nicole.[/caption]

Terug in Johannesburg het ons hulle na die Egoli-weergawe van eindelose vermaak geneem: Papachino’s. Dankie tog vir restaurants wat van kinders hou en enorme speelplekke het. Ons het byna ’n hele week daar deurgebring.

[caption id="attachment_65040" align="alignnone" width="480"]Tayla-Jean en Alyssa Pilgrim in hul pienk balletrokkies My dogtertjies Tayla-Jean en Alyssa. Tayla-Jean is mal oor ballet en Alyssa aap alles na wat sy doen![/caption]

Vandag kom die bouers (hopelik) ook terug na ons huis toe om die laaste opknappings af te rond. Dit was ’n waansinnige vier maande, maar die moeite werd. Tayla-Jean is mal oor haar slaapkamer. Dit was die “ou spaarkamer”.

[caption id="attachment_65041" align="alignnone" width="640"]Ou spaarkamer in Mark Pilgrim se huis So het die kamer altyd gelyk.[/caption]

En nou is haar slaapkamer omtrent groter as ons s’n . . .

[caption id="attachment_65036" align="alignnone" width="480"]Tayla-Jean Pilgrim se nuwe lsaapkamer En kyk hoe lyk dit nou![/caption]

In Alyssa se kamer was daar ook ’n paar veranderinge. Verlede week het sy uit haar kot na ’n bed toe getrek . . . en sy het nog net een keer uitgeval!

Gesondheid op ’n fantastiese jaar en ’n paar groot veranderinge wat voorlê. Ek het ’n nuwe maatskappy in die lewe geroep wat hopelik wonderlike dinge in 2014 gaan doen. Meer besonderhede op pad! Ek sien ook uit daarna om steeds die grootste treffers van die week met julle te deel – elke Saterdag op die Kia Take40sa op Highveld en KFM.

Groetnis

Mark

Mark Pilgrim  Mark Pilgrim is ’n vryskutradio- en TV-aanbieder en is ’n omroeper op 94.7 Highveld Stereo en 94.5 Kfm. Volg hom by @MarkPilgrimZA of gaan na sy webtuiste.