Die avonturier Ivan Zimmermann het Dinsdag op ’n pynlike manier met moederaarde kennis gemaak. Maar dit het hom geensins van stryk gebring nie.

Tydens sy bergfietsekspedisie van Beijing na Istanboel het Ivan hom gister op ’n onherbergsame pad met net ’n paar donkies as geselskap bevind. Hy was op pad na Samarkand, Oezbekistan.
“So . . . het ’n groot stuk grond (teerpad) gister gekoop net buite Samarkand,” het hy Woensdagoggend in sosiale media van sy teenspoed vertel.
Dit het hom ’n paar gebreekte ribbes besorg, maar hy het steeds deurgedruk en die dag se roete voltooi. Sowat ’n week gelede het hy “nog ’n moeilike dag” ervaar toe hy teen 4 800 m bo seespieël met brandende longe sukkel. Maar soos die onkeerbare Ivan sê: “Leiers gee nooit op nie!”
Net om jou ’n idee te gee van die roete wat Ivan trap.

IVAN SE EKSPEDISIE HET SELFS ’N TEMALIED!

Klik op hierdie logo op Ivan se webtuiste om eksklusief na die temalied Waar Daar ’n Wil Is deur Francois van Coke te luister.

temalied

HOE KAN JY BY IVAN SE INISIATIEWE BETROKKE RAAK?

Ivan gaan met vanjaar se ekspedisie fondse insamel vir LIPCO Law for All se nie-winsgewende maatskappy, Fees for All. Die organisasie spreek studente se finansiële probleme aan deur te help om hulle regte te bevorder vir gelyke geleenthede in hoër onderwys. Die projek se doelwit is om geld in te samel vir tersiêre studies. Die #pledge30 bydraes (R30) kan via sms of Snapscan gemaak word. Lewer hier jou bydrae.

? Volg Ivan op Twitter by @IvanZimmermann1 en op Instagram: IvanZimmerman1. Die regstreekse webuitsending sal ook gevolg kan word via Periscope: @IvanZimmermann.

Ook op Huisgenoot.com

Ivan Zimmermann skryf uit China oor sy fietsry-ekspedisie: Hoe eet ’n mens ’n olifant?

Ivan Zimmermann trap voort: Twee dae in Beijing met ‘baie mense, baie fietse en baie karre’

Eksklusief: Ivan Zimmermann blog waar hy 12 300 km gaan fietstrap