Ek was nogal opgewonde daaroor dat pres. Barack Obama in Suid-Afrika was.

Nie oor sy agenda nie – eintlik net omdat die geheime diens my nog altyd gefassineer het. Ek is MAL oor hul maniertjies: daai krulletjie-gehoorstuk, in jou mou praat, die stoïsynse gesigte agter die sonbrille weggesteek terwyl hulle die skare dophou.

Vinnige feit: Een van my gunsteling-skrywers, Vince Flynn, het altyd geheimediensagente ingesluit by sy boeke met Mitch Rapp. Vince is ongelukkig onlangs op 47 oorlede aan prostaatkanker.

Toe ek jonger was, het ek al my vrye tyd gewy aan burgerbandradio’s (jy weet jy’s oud as jy hulle onthou!). Toe ek op hoërskool was, het ek my pa gedwing om ’n 15 m hoë mas in ons tuin op te rig sodat ek my antenna daarop kon vasmaak en so die sterkte sein op die dorp kon hê (my Captain Chaos-oomblik). Toe ek uit die huis en universiteit toe is, het ek ’n 2 m hoë antenna op ’n gebou in Berea monteer – dis steeds sigbaar as jy in Tudhopelaan ry!

pilgrimpic

My vrou word altyd so vies wanneer op ons Mauritius gaan vakansie hou, want ek wil gedurig my “walkie-talkies” saamneem. Ek dink dis ’n goeie ding dat ons kan kommunikeer terwyl een van ons in die kamer is en die ander een op die strand; Nicole dink ’n “walkie-talkie” aan haar bikini gehaak is nie koel nie.

Ek lees 650 geheimediensagente is ontplooi tydens Obama se besoek aan Afrika. Die afgelope paar dae al doen die Amerikaanse Lugmag en manne in swart oefenlopies oor my huis met hul Blackhawk-helikopters. Baie koel! In die konvooi is daar selfs ’n voertuig met die enkele doel om enige nabye kommunikasieseine te ontwrig. So as jy die kavalkade sien aankom, gaan jy ook sien jou selfoonsein verdwyn!

Hoor hierdie interessante brokkie: In 1997 is ’n nuwe wet aanvaar dat oudpresidente net 10 jaar lank nadat hulle die amp beklee het nog deur die geheime diens beskerm sal word (tensy hulle vroeër sê die diens is onnodig). Dit beteken oudpres. Bill Clinton is een van die laaste oudpresidente wat die res van sy lewe deur die geheime diens beskerm sal word.

Met Obama wat hier was, droom ek sommer weer van vooraf om 'n lid wees van die geheime diens te wees. As jy my in Sandton City sien met ’n sonbril en my televisie-gehoorstuk in my oor, hoogs aan’t voorgee ek praat met die beheerkantoor, kan jy my Bald Eagle One noem. Oor en uit.

- Mark Pilgrim

* Mark is ’n vryskut-omroeper en -TV-aanbieder. Hy is ook ’n omroeper by 94.7 Highveld Stereo en 94.5 Kfm.