Die akteur en avonturier Ivan Zimmermann vertrek Sondag 15 Mei op nóg 'n ekstreme fietstoer - hierdie keer 145 dae vanaf Beijing tot in Istanboel. In 'n nuwe eksklusiewe blogreeks vir Huisgenoot.com deel hy sy fisieke en sielkundige uitdagings.

[caption id="attachment_125740" align="alignnone" width="600"]Ivan tydens sy vorige ekspedisie by die ewenaar in Kenia. Foto: Verskaf Ivan tydens sy vorige ekspedisie by die ewenaar in Kenia. Foto: Verskaf[/caption]

Ivan gaan Huisgenoot.com-lesers gereeld op hoogte hou van dié avontuur. Hou die webtuiste gereeld dop vir nog een van sy aflewerings. Hy moet 12 280 km in 145 dae aflê, saam met 14 ander mede fietsryers wie hy nog nooit ontmoet het nie. Die roete wat bekend staan as die Syroete, strek deur tien lande, onder andere China, Mongolia, Rusland, Kazakhstan, Iran en Turkye.

Vir nou is die berge voorbereiding gedoen; nou is dit tyd vir die harde werk.

Hier is sy eerste bloginskrywing vir Huisgenoot.com:

LIEWE HUISGENOOT,

Dis nou die stilte voor die storm (trap bliksem, trap).

Ek weet nou wat wag op my. ’n Storm . . . en nou is dit stil.

Verlede jaar (2015) se ekspedisie was vir my ’n eerste. Dit was 121 nagte van tentslaap, 12 100 km deur 10 van die mooiste lande in Afrika – van Kaïro tot in Kaapstad. Ek is deur Egipte, die Republiek van Soedan, Kenia, Tanzanië, Malawi, Zambië, Botswana, Namibië en Suid-Afrika.

’n Gemiddelde van 140 km per dag. Die grootste afstand op ’n dag: 210 km ver. Die koudste dag was -3 °C. Die warmste 50 °C en die hoogste punt wat ek bereik het, 3 400 m bo seespieël. Die langste tydperk wat ek nie gebad of gestort het nie, was agt dae.

En dit op ’n fiets . . .

Ek is gedryf deur my avontuurlustige hart en die soeke na die eerlikste pad om hierdie dors te les.

As kind het ek altyd gedroom daarvan om avonture aan te pak, mense daardeur te probeer inspireer en mense te help. Jare lank was dit net ’n leë droom.

Lees ook:  Kyk waar bevind die mooie Armand Aucamp hom op sy wêreldreis!

Ek het in die afgelope vier jaar geleer ’n mens moet liefs nie te veel droom nie, maar meer doen. ’n Droom is immers iets wat jy doen terwyl jy slaap en slaap is iets wat jy doen om te herstel van die harde werk wat jy insit om jou doelwitte te bereik.

En werk is iets wat ons gebore is om te doen; ledigheid is immers die duiwel se oorkussing.

Ek het ook geleer hoe belangrik dit is om aan jouself uitdagings te stel.

Lees ook: Sue Duminy rits die wêreld vol en deel pragfoto’s van haar reise

Die belangrikste is om ’n doelgerigte lewe te lei en om op te staan in die oggend en te weet wat bereik moet word op die gegewe dag en hoe om ’n verskil te maak in ander se lewe.

Dit is waaroor my ekspedisies gaan. Om my avontuurlustige dors te les, mense te probeer inspireer dat hulle vir hulself moet doelwitte stel, voorberei om hul doelwitte te bereik en nooit tou op te gooi nie – maak nie saak wat nie. Ek probeer ook om ander mense te help deur geld in te samel vir ’n goeie doel. Of selfs blikkieskos.

Hierdie jaar ry ek 12 300 km van Beijing na Istanboel. Dit is verder, langer, hoër, laer, kouer en warmer as wat ek al ooit in my lewe ervaar het. En natuurlik baie meer volksvreemd.

Lees ook: Bekende SA avonturier en sy trouvrou onthul ekstreme wittebroodplanne

Soos verlede jaar ry ek teen tyd en ek is uitgelewer aan die elemente van die natuur. En ek mag nie tou opgooi nie . . . nooit. En nooit is 145 dae lank. As alles goed gaan sal ek op 5 Oktober in Istanboel klaarmaak.

Ek is bly ek kan hierdie jaar se ekspedisie, en elke nou en dan van verlede jaar se herinnerings, met julle deel.

Julle kan my 24 uur van elke dag volg op ivanzimmermann.com.

IVAN SE EKSPEDISIE HET SELFS ’N TEMALIED!

Klik op hierdie logo op Ivan se webtuiste om eksklusief na die temalied Waar Daar ’n Wil Is deur Francois van Coke te luister.

temalied

HOE KAN JY BY IVAN SE INISIATIEWE BETROKKE RAAK?

Ivan gaan met vanjaar se ekspedisie fondse insamel vir LIPCO Law for All se nie-winsgewende maatskappy, Fees for All. Die organisasie spreek studente se finansiële probleme aan deur te help om hulle regte te bevorder vir gelyke geleenthede in hoër onderwys. Die projek se doelwit is om geld in te samel vir tersiêre studies. Die #pledge30 bydraes (R30)  kan via sms of Snapscan gemaak word. Lewer hier jou bydrae.

? Volg Ivan op Twitter by @IvanZimmermann1 en op Instagram: IvanZimmerman1. Die regstreekse webuitsending sal ook gevolg kan word via Periscope: @IvanZimmermann.

Ander stories op Huisgenoot.com

Hier is die geheim om gewig meer effektief af te skud en boonop af te hou

Ouers, só kan jy ’n liefde vir lees by jou kind help ontwikkel

Kry só daardie salarisverhoging wat jy al lank voor wens

Die porsiebeheerdieet – die dieet wat werk!

Identiteitsbedrog: Hier is hoe jy jouself beskerm