DIT was in my tweede jaar op Wits dat ek agtergekom het iets is verkeerd, en dat een van my gonades geswel was. Omdat ek dit geïgnoreer het, het ek die kanker kans gegee om na ander dele van my liggaam te versprei. Toe dit uiteindelik gediagnoseer is, was dit reeds in my longe en niere ook. Dit word stadium 4 genoem. Daar is nie ’n stadium 5 nie.

Dit was ’n lang stryd, maar ek het gewen en is sedertdien in remissie. Ek moet egter steeds elke twee jaar ’n ondersoek laat doen om seker te maak als is reg, en daardie ondersoek was eergister.

Ek gaan nie jok nie: Ek was meer as net ’n bietjie besorg, maar my dogter Tayla-Jean het saamgegaan om my hand vas te hou en my te laat aanhou glimlag.

IMG_8269

Die nuus het gekom: “skoon”. Eergister was ’n goeie dag! Nadat ons weg is by die onkologiesentrum het ek en Tayla-Jean dit met middagete gevier en ’n Freezo gedeel!

IMG_8387

My ondersoek was net ’n paar dae voor Nasionale Dag vir Kankeroorlewendes Saterdag. Dis ’n dag wanneer die land hulde bring aan die krag en moed van mense wat die siekte geklop het.

As jy kanker het en met iemand moet praat, gaan asseblief asseblief www.cancerbuddies.org.za. Die reis is makliker wanneer jy met mense gesels wat verstaan waardeur jy leef.

- Mark Pilgrim

* Mark Pilgrim is ’n vryskutradio- en TV-aanbieder en is ’n omroeper op 94.7 Highveld Stereo en 94.5 Kfm. Volg hom by @MarkPilgrimZA. ww.markpilgrim.co.za

Lees sy vorige Huisgenoot-blogs by:

11 topwenke vir nuwe ouers

Hier kom die manne in swart

Mark Pilgrim: Sjoe, maar die tyd vlieg!

Mark Pilgrim blog vir ons