Cherralle Alexander, stigter van die blog The Daily Cake en ma van twee, het besef sy hoef nie volmaak te wees nie – en dis oukei.

Sy deel haar insig oor hoekom dit heeltemal piekfyn is om as ’n “goed genoeg” ouer beskou te word.

“Met gedurige insette oor wat ons ‘behoort te’ doen en selfs ‘vrees-om-iets-mis-te-loop’-ouerskap (FOMO) – ja mense, daar bestaan so iets – in die ronde, moet ons die streep iewers trek. Goed Genoeg Ouerskap behels vir my om te los, en net mens te wees. Moet my nie verkeerd verstaan nie, dit beteken nie jy moet ’n nalatige ouer wees nie; dit beteken jy moet ’n menslike ouer wees.

Jy bak nie daai kolwyntjies vir die klas se bakdag nie?

Dis oukei, jy kan hulle by die bakkery koop, niemand sal dit agterkom nie en jou kind sal steeds die held van die klas wees. 

Jy het nie gesonde tuisgemaakte happies vir die skoolkosblik nie? Dis oukei; pak in wat jy het en jou kind sal oorleef. Aandete bestaan weer uit kleuterpasta van Woollies; dis goed genoeg. Kom ons hou op om volmaak te probeer wees en is net ware mense. 

family

A post shared by Cherralle (@cherralle) on

Dis wat goeie ouerskap vir my beteken:

1. Vertrou jou intuïsie – jy ken jou kind

Daar is ’n oorvloed inligting oor hoe om jou kind groot te maak, maar jy moet jou intuïsie gebruik om te verstaan wat vir jou gesin sal werk en wat nie. Glo my, ek kan die hel uit ENIGIETS uit google! Maar op die ou end moet ek weet of iets sin maak vir my kinders of nie.

2. Bring gehaltetyd saam deur

Dinge raak woes gedurende die week, met werk, skool en alles wat tussenin kom. Maar dit is baie belangrik om spesiale gesinstyd in te ruim. Geniet dinge waar julle ook al kan en maak net pret. Ek probeer altyd om nie naweke te veel afsprake te maak nie sodat ons net tuis as gesin kan ontspan.

3. Moenie probeer om alles te doen nie

Die mite dat ons alles moet doen, is presies dit. Jy kan alles doen, maar nie alles tegelyk nie; die een of ander tyd moet iets meegee.
Byvoorbeeld, as jy op jou loopbaanambisies toegespits is, gaan dit eerlikwaar ongelooflik moeilik wees om kos te kook, huis skoon te maak en altyd HEELAAND met slaaptyd by jou kinders te wees. Ja, jy sal miskien die meeste van die tyd party van hierdie dinge doen, maar nie altyd nie. Dit is my kompromis, en ek aanvaar dit en werk daarmee.

4. Laat perfeksionisme gaan

Verlaag jou standaarde. Moenie alles wat jy op Pinterest sien vir soetkoek opeet nie. As jy volmaakte ouerskap najaag, gaan die genieting van die reis van goeie ouerskap daaronder ly. Dit was vir my ’n moeilike les met my tweede kind, toe ek verwag het my lewe sal bly soos dit met my eerste kind was. Ek moes aanvaar dat my kinders twee verskillende individue is. Ek kon nie ’n geval van kopieer-en-plak verwag nie, en ek moes my verwagtings laat vaar om ’n band met my gesin te vorm en die lewe saam met hulle te geniet.
 
Ek het, op die reis van ouerskap, elke dag nuwe dinge geleer oor my kinders, my gesin en leiding van ander ma’s en ek is werklikwaar gek oor die reis.

Ek beloof om ’n verantwoordelike ouer te wees en my kinders te geniet . . . hulle sal net een maal so jonk wees.