[caption id="attachment_48079" align="aligncenter" width="600"]Christiaan by die hut in die Cederberge waar hy gebly het. Foto: Jurg Slabbert Christiaan by die hut in die Cederberge waar hy gebly het.[/caption]

EK'S terug! Ná ’n paar dae se verlof het ek genoeg energie om tot Desember verder in die Huisgenoot-kantoor stories te oes.

Maar voor ek wegval moet ek eers skaamteloos spog oor my mees onlangse “prestasie?: Ek het vir agt nagte se verblyf op die Suid-Afrikaanse Weskus net R1 075 betaal; dis minder as R135 ’n nag.

En moenie dink ek het kilometers van die see af gebly of in afgeleë pondokkies in die diepste dale gaan nesskop nie! Kyk maar self na die foto’s en die video: Ek belowe ek het amper op die see op Yzerfontein, Doringbaai en Strandfontein, en teen hange van die Cederberge in moderne en gemaklike huise, hutte en chalets die seelug en stilte om my ingeneem.

[caption id="attachment_48078" align="alignnone" width="601"]In die Cederberge In die Cederberge[/caption]

Hoewel baie van my vriende en familie glo wintertyd is die beste tyd om by die huis te bly, het ek besluit om liewer in die pad te val. Normaalweg sou ek in ’n tent oornag (dis immers die goedkoopste), maar omdat ek nie in die Kaapse winter in Racheltjie de Beer se voetspore wou volg nie, het ek op die internet gespring om te kyk of daar êrens ’n bekostigbare en gemaklike nessie is wat ek tydelik myne kon maak. Die juwele wat ek ontdek het bly my nou nog by, en het my opnuut herinner aan die voordele wat reis in die winter inhou.

Nie net is die paaie stiller nie, maar kusdorpe is leër en spesiale aanbiedings volop. Verbasend was ’n “betaal vir twee nagte; kry nog ’n nag of twee verniet?-aanbod  algemeen, en kon ek munt slaan daaruit. Dit het beteken daar was meer geld vir drank . . . ek bedoel, lekkernye en lugtyd . . . en kon ek die natuur geniet sonder die geskarrel van ’n klomp benoude Blou Bulle wat elke dan en wan benoud kyk of ’n Stormer hulle van agter gaan bydam.

Op 27 het ek vir die eerste keer in my lewe 14 km op ’n strand gestap sonder om een enkele mens te sien, van Strandfontein tot by die Olifantsriviersmond en terug. Vir ’n paar uur kon ek regtig kyk en luister hoe die natuur om my sing, bergriviere kabbel en die stilte om my baie geraas maak. Ek het ook besef hoe ontsettend mooi ons landskap is wanneer die hemel se sluise oopgetrek word en dit  ’n hele dag lank reën, of moedernatuur haar tafel dek met ’n sneeukombers, wat ons so min in Suid-Afrika beleef.

[caption id="attachment_48077" align="alignnone" width="632"]Strandfontein se strand was dolleeg en perfek vir 'n lang, stil wandeling. Strandfontein se strand was dolleeg en perfek vir 'n lang, stil wandeling.[/caption]

Daarom daag ek almal uit om vir eens nie net te konsentreer op wat ’n mens in die somerson kan ervaar nie, maar ook reis in die winter te oorweeg. As jy saam met ’n groot groep pelle gaan, is verblyf nog goedkoper en kan die koste van kos en petrol  ook tussen al die avonturiers gedeel word.

Glo my, dis ’n winter-wenner!

Hier het ek gebly:

Surfsong, Yzerfontein

Leoni’s, Strandfontein

Driehoek-gastehuis, Cederberge

- Video en foto's: Jurg Slabbert

Lees Christiaan se vorige blog by

Welkom by Huisgenoot!

.