Die gesogte Palme d’Or, die goue palmtaktrofee wat aan die beste rolprent toegeken word. Dit is ook die amptelike simbool van die Cannes-rolprentfees. BORGSKAPVERSLAG: 66STE FESTIVAL DE CANNES – Maché

Begin

Dis ’n blye dag toe Azania Muendane bevestig die NRVS borg my om die bedrywigste rolprentmark in Frankryk by te woon. (Net haar naam het my al bly gemaak!) Ek het relevant en gereed gevoel om my projekte van dokumentêre programme na dokumentêre rolprente uit te brei.

Die ervaring het nie teleurgestel nie. Die mark was bedrywig, groot, Frans en dol, maar ek het gebonde en veilig gevoel – danksy die Suid-Afrikaanse paviljoen. Dit was soos ’n huis weg van die huis. Wanneer ek soggens daar aangemeld het, het landsgenote my glimlaggend begroet. Dit het my die selfvertroue gegee om die dag aan te pak en my weg te vind in die soms oorweldigende mark.

Ervaring

Ek het baie geleer. Ek het geweet rolprente verskil hemelsbreed van televisie, maar het nie geweet voorproduksie en ontwikkeling verskil selfs nog meer nie. Ek het ook besef ek het nog baie om te leer voor ek oorsese belangstelling in my hoofprojek, oor die riel-dans, kan prikkel. Daarvoor was die rolprentmark wonderlik. Ek het rolprentmakers van oral ter wêreld ontmoet en hul indrukwekkende werk gesien, maar dit was eintlik die opbou van kontakte met Suid-Afrikaanse kollegas wat die reis werklik die moeite werd gemaak het. Dit het my ingeslote en geïnspireerd laat voel en die selfvertroue gegee vir die volgende stap. Ek het ook meer te wete gekom oor die geleenthede by die huis.

Dankie

Dankie, NRVS, dat julle my droom bewaarheid het. Ek het elke oomblik van die ervaring geniet en voel bemagtig om ’n lewe in vollengtefilms te betree.

01

Ek en Azania Muendane.

En hier onder, ’n dag op kantoor by die Suid-Afrikaanse paviljoen.

03

04