Roberta Durrant en Naomi M by SA Pavilion Cannes

Met die 66ste Cannes Filmfees in Frankryf afgeloop, sê een van ons mees gevierde rolprentvervaardigers, Roberta Durrant van Penguin en PAW PAW Films dit was baie harde werk maar beslis die moeite werd.

Hoe het jy in die filmbedryf begin?

As ’n aktrise.

Wat het jy kom doen by Cannes?

Ek het finansiering en verspreiding kom soek vir my projekte in ontwikkeling, asook internasionale verspreiding vir die voltooide rolprent Felix (Billy Elliot with saxophone meets Buena Vista social club in Cape Town), waarvan ek die regie behartig het.

Is dit goed?

Baie. Almal moet Felix sien. Dit het drie jaar se ontwikkeling geverg. Dit draai binnekort in ons teaters (Ster Kinekor en Nu Metro) vanaf 13de September.

Het jy reggekry by die Cannes Filmark waarvoor jy gegaan het?

O ja. Baie verkoopsagente stel belang om Felix internasionaal te versprei en ek het vennote gekry vir twee van my ander projekte in Nederland, Ierland, Kanada en Engeland.

Glo jy in filmmarkte?

Ja, maar net as jy elke moontlike kontak opvolg en dit is baie harde werk.

Wie behoort Cannes toe te kom en hoekom?

Enigiemand wat rolprente wil vervaardig vir die wêreldmark.

Doen mens dit net as jy nie genoeg werk kry in jou eie land nie?

Ag nee, man. Ek dink elke mens wil graag hê dat jou werk gesien word buite Suid-Afrika.

Waarvan hou jy in Cannes?

Van nie veel nie, behalwe die see en die uitsig.

Waarvan hou jy dan nie?

Die weer, hier is te veel mense en dis baie duur!

Het jy raad vir voornemende vervaardigers?

Sterkte!

Waaraan werk jy nou?

Ons werk aan ’n speletjiesprogramme asook twee dramareekse en ons het vyf rolprente in verskillende stadiums van ontwikkeling.

Hoe kry jy dit alles reg en hou jou gesin ook nog gelukkig?

My twee dogters is reeds uit die huis uit; so dit is net ek en my man, en hy sorg goed vir homself . . . en vir my!