Foto: Elbon in gesprek met 'n mede-filmaker, Mr B, in die South Africa Pavillion Elbon Noble van Noble Pictures in Johannesburg vertel dat hul geestelike drama as ’n halfuur lange kort film, Phindile’s Hart, verlede jaar benoem is as die beste kort film by die Durban Internasionale Filmfees, die SHNIT-Filmfees, Kenia se internasionale filmfees, die Vroue-rolprentvervaardigers van Zimbabwe en as die uitsonderlikste kort film van die Tava. Wat maak jy in Cannes? Presies wat ek by alle filmfeeste maak: Ek is ma’ net an angry teenager trying to learn the business. Is dit nie ’n duur leerskool nie? Nooit! Ons film Phindile’s Hart is al verkoop aan 150 lande. Alles op feeste gebeur. Nou soek ons vennote om Mandela’s Tales klaar te maak. Dis ’n animaiereeks oor die paar kinderverhale waarmee Madiba grootgeraak het. So jy werk aan “groot” goed? ’n Mens werk nie in die filmbedryf om groot geld te maak nie. Mens doen die werk omdat dit jou aantrek, omdat jy voel jy kan en wil niks anders doen nie. Kan ’n mens wel “groot” geld maak? Nie sommer in ons land nie. Jy maak een fliek sodat jy dit kan bekostig om nog een te maak, as jy gelukkig is. Wat dink jy van Cannes? Die kos is te duur. Wat is lekker van die kos Nutella en toast. Verkoop jy net of “werk” jy ook? Dis ’n grappie. Ja, chill, ek weet. Ons is in voorproduksie met Destiny’s Groove. Waaroor gaan dit? Dis hip-hop gemeng met motorresies. Dis in my bloed; dis waarmee ons grootgeraak het. Hip-hop en motorkarre. Klink gevaarlik. Duidelik. Ma’ ons is chilled. Ons is ’n familiebesigheid. My suster Claudia is die vervaardiger, my ander suster, Abigail, doen die finansies en my broertjie, Sheldon, is die redigeerder. Ek is die skrywer en bemarker en ek regisseer ook soms. Wie sal jy graag wil regisseer? Al Pacino in a Hollywood blockbuster – as hy nog lewe teen daai tyd.

E-pos: info@noblepictures.tv

- Marike Bekker   [caption id="attachment_36802" align="aligncenter" width="563"]Die Carlton-hotel waar die Leonardo Dicaprio en die ander sterre van Great Gatsby bly Die Carlton-hotel waar die Leonardo Dicaprio en die ander sterre van Great Gatsby bly[/caption] [caption id="attachment_36670" align="aligncenter" width="397"]Daar’s nooit ‘n vervelige oomblik by die Cannes-filmfees nie en talle interessante karakters Daar’s nooit ‘n vervelige oomblik by die Cannes-filmfees nie en talle interessante karakters [/caption] [caption id="attachment_36671" align="aligncenter" width="379"]Nog ‘n interessante karakter Nog ‘n interessante karakter[/caption] [caption id="attachment_36669" align="aligncenter" width="400"]‘n Betoger teen kapitalisme ‘n Betoger teen kapitalisme [/caption]

[caption id="attachment_36668" align="aligncenter" width="450"]Betogers teen Hollywood-films, wat van mening is dat Cannes is vir onafhanklike films is en nie lokettreffers nie Betogers teen Hollywood-films, wat van mening is dat Cannes is vir onafhanklike films is en nie lokettreffers nie[/caption]

Jongmense met papierbordjies wat aanbied om enigei iets te doen vir 'n kaartjie na die rooitapyt geleenthede
Jongmense met papierbordjies wat aanbied om enigei iets te doen vir 'n kaartjie na die rooitapyt geleenthede

[caption id="attachment_36674" align="aligncenter" width="491"]Die Suid-Afrikaanse vlag wapper by Cannes Die Suid-Afrikaanse vlag wapper by Cannes [/caption]

[caption id="attachment_36667" align="aligncenter" width="378"]Roberta Durrent wat die fliek 'Felix' gemaak het Roberta Durrent wat die fliek 'Felix' gemaak het[/caption]