Gister kuier ek die oulikste rolprentmaker raak met ’n kantoor in die Kaap en een in New York, Rita Mbanga. Wat het jy kom doen in Cannes se rolprentmark? Ek is deel van Sunrise Productions en ons het ’n animasiereeks genaamd Jungle Beat wat ons verder wil verkoop. Glo jy in filmmarkte? Natuurlik. Jungle Beat is al aan 180 lande verkoop en wys op 28 vliegtuie, alles wat ons Ierse verkoopsagent vermag het. Ons het hom raakgeloop op Annecy, die animasiefees in Annecy, Frankryk. Is dit nie genoeg verspreiding vir ’n animasiereeks van diertjies met menslike eienskappe nie? Nee, ons wil nog vier nuwe reekse vervaardig. Die aanvraag is vanjaar hier in Cannes bevestig. En ons het pas ’n ooreenkoms met Nu Metro bevestig waarvolgens hulle ’n episode voor al hulle 3D-gesinsrolprente gaan vertoon. Is dit al wat Sunrise Productions doen? Nee, ons het pas ’n kookreeks vir die SAUK vervaardig met die naam Bitten en ons skep baie advertensies. Waarvan hou jy in Cannes? Dat jy omring word deur water en kreatiewe mense. Watter raad het jy vir voornemende rolprentvervaardigers? Maak soveel kontakte moontlik terwyl jy hier is. Moet nooit te moeg wees om ja sê vir ’n uitnodiging nie. Praat besigheid terwyl jy party. Waaraan werk jy nou? ’n Rolprent oor die lewe van sir Seretse Khama (Botswana se eerste president), Seretse and Ruth. My ouers het die boek geskryf. Wie gaan hulle vertolk? Dis vertroulik; ek soek nog finansiers. As iemand eendag ’n rolprent oor jou lewe maak, waaroor sal dit gaan? My lewe as ’n lewe van teenstelling. ’n Wit ma en ’n swart pa. ’n Bevoorregte lewe. Aards, geborge, plattelands . . . en toe die Groot Appel en Kaapstad. Wie sal jou rol vertolk? Naomie Harris. Waar het hulle jou so slim gemaak? In my ouerhuis en toe in Texas. Ek het massakommunikasie studeer met film, radio en televisie as my hoofvakke. As jy vir Rita 'n e-pos wil stuur: rita@sunrise.co.za Marike Bekker [caption id="attachment_36802" align="aligncenter" width="563"]Die Carlton-hotel waar die Leonardo Dicaprio en die ander sterre van Great Gatsby bly Die Carlton-hotel waar die Leonardo Dicaprio en die ander sterre van Great Gatsby bly[/caption] [caption id="attachment_36670" align="aligncenter" width="397"]Daar’s nooit ‘n vervelige oomblik by die Cannes-filmfees nie en talle interessante karakters Daar’s nooit ‘n vervelige oomblik by die Cannes-filmfees nie en talle interessante karakters [/caption] [caption id="attachment_36671" align="aligncenter" width="379"]Nog ‘n interessante karakter Nog ‘n interessante karakter[/caption] [caption id="attachment_36669" align="aligncenter" width="400"]‘n Betoger teen kapitalisme ‘n Betoger teen kapitalisme [/caption]

[caption id="attachment_36668" align="aligncenter" width="450"]Betogers teen Hollywood-films, wat van mening is dat Cannes is vir onafhanklike films is en nie lokettreffers nie Betogers teen Hollywood-films, wat van mening is dat Cannes is vir onafhanklike films is en nie lokettreffers nie[/caption]

Jongmense met papierbordjies wat aanbied om enigei iets te doen vir 'n kaartjie na die rooitapyt geleenthede
Jongmense met papierbordjies wat aanbied om enigei iets te doen vir 'n kaartjie na die rooitapyt geleenthede

[caption id="attachment_36674" align="aligncenter" width="491"]Die Suid-Afrikaanse vlag wapper by Cannes Die Suid-Afrikaanse vlag wapper by Cannes [/caption]

[caption id="attachment_36667" align="aligncenter" width="378"]Roberta Durrent wat die fliek 'Felix' gemaak het Roberta Durrent wat die fliek 'Felix' gemaak het[/caption]