In Cannes trek ’n mens jou aan. Vroegoggend gaan ek wandel. Die Franse verbylopers blaas deur die neus en klik met die tong. Nie op ’n goeie manier nie. Hulle verafsku slenterdrag. Ek mik see toe omdat ek die kleredrag daar meer informeel verwag en loop my vas teen ’n hondeloper. Sy het rooi blinkleersandale aan met hoë hake, ’n stywe wit rokkie en bloedrooi lipstiffie. Druipstert kamer toe met my. Hier is dit pleks van Get-up-and-go, Dress-up-and-Cruz.

Hollywood-sterre sien ons nie veel van nie. Geen rolprentvervaardiger probeer eers nie, daarvoor is almal te cool. As jy’n kaartjie kry vir ’n rooitapyt-glansgeleentheid, verkoop jy dit aan die immerwagtende skares van toeriste wat saamdrom voor die rooi tapyt wat 12 maande van die jaar uitgerol lê op die trap van die Palais des Festivals.

Hier is 160 Suid-Afrikaners vanjaar. Ek het nog net ’n enkele Afrikaanssprekende raakgeloop, Andrew Faure, wat deesdae ’n vervaardiger in Londen is. Die grootste besprekingspunt vanjaar is dat Hollywood Cannes oorneem. Wat veronderstel is om ’n mark te wees vir ontluikende rolprentvervaardigers word nou gekaap deur die Groot Geld van Hollywood. Vanoggend was hier ’n grillerige straatbetoging teen Hollywood met varke, bloed en zombies as deel van die rumoer.

Dis ’n pragtige sonnige dag en die Suid-Afrikaanse pawiljoen is baie gewild. Daar word besigheid gepraat dat dit klap. Mense kom hierheen sodat hulle voltooide films kan verkoop, geld kan soek sodat hulle projekte kan klaarmaak en vennootskappe sluit om films te maak. Soos dit met die meeste markte gaan, is hier meer verkoper as kopers, maar wie het dan ooit verwag die moewies is vir sussies nie? -    Marike Bekker [caption id="attachment_36802" align="aligncenter" width="563"]Die Carlton-hotel waar die Leonardo Dicaprio en die ander sterre van Great Gatsby bly Die Carlton-hotel waar die Leonardo Dicaprio en die ander sterre van Great Gatsby bly[/caption] [caption id="attachment_36670" align="aligncenter" width="397"]Daar’s nooit ‘n vervelige oomblik by die Cannes-filmfees nie en talle interessante karakters Daar’s nooit ‘n vervelige oomblik by die Cannes-filmfees nie en talle interessante karakters [/caption] [caption id="attachment_36671" align="aligncenter" width="379"]Nog ‘n interessante karakter Nog ‘n interessante karakter[/caption] [caption id="attachment_36669" align="aligncenter" width="400"]‘n Betoger teen kapitalisme ‘n Betoger teen kapitalisme [/caption]

[caption id="attachment_36668" align="aligncenter" width="450"]Betogers teen Hollywood-films, wat van mening is dat Cannes is vir onafhanklike films is en nie lokettreffers nie Betogers teen Hollywood-films, wat van mening is dat Cannes is vir onafhanklike films is en nie lokettreffers nie[/caption]

Jongmense met papierbordjies wat aanbied om enigei iets te doen vir 'n kaartjie na die rooitapyt geleenthede
Jongmense met papierbordjies wat aanbied om enigei iets te doen vir 'n kaartjie na die rooitapyt geleenthede

[caption id="attachment_36674" align="aligncenter" width="491"]Die Suid-Afrikaanse vlag wapper by Cannes Die Suid-Afrikaanse vlag wapper by Cannes [/caption]

[caption id="attachment_36667" align="aligncenter" width="378"]Roberta Durrent wat die fliek 'Felix' gemaak het Roberta Durrent wat die fliek 'Felix' gemaak het[/caption]