Skemeroggend word ek wakker van iemand wat neurie. Ek kyk uit en sien ’n mooi man in ’n aandpak verbyloop. Hy is deurnat, sy hare drup oor sy gesig en ’n salige glimlag speel om sy mondhoeke. Hy het gisteraand ’n uitnodiging na die openingspartytjie losgeslaan!

Swerms toeriste was al uitgekamp onder die rooi tapyt toe ek inskryf vir die 66ste Cannes Internasionale Filmfees, oftewel Le Marché du Film 2013 - Festival de Cannes.

Met ’n sak vol inligting en ’n lidmaatskapkaartjie om my nek, glimlag ek ook uit die hoogte wanneer toeriste my per dalks aansien vir ’n celeb. Dit reën onophoudelik en filmsterre is skaars; kameras flits vir enigiets.

Al nadeel: Geakrediteerde rolprentvervaardigers neem nie foto’s nie. Dis nie cool nie. Netnou sien hulle jou aan vir ’n toeris!

Die aand wemel dit voor die Palais des Festivals. Daar is drie glansgeleenthede. Die openingsgeleentheid, die première van Great Gatsby en die partytjie agterna.

Kaartjies is so skaars soos hoendertande. Oral staan mooi mense rond in ontwerpersaanddrag (waar dit nie blink nie, skyn dit deur) papier in die hand om te adverteer wat hulle sal doen vir ’n kaartjie na enige van dié geleenthede. Ander vra of hulle as ekstras kan instaan as daar oop sitplekke is. Of as genooides vroeg huis toe ontsnap.

Ek het geen partytjielys gehaal nie en met my duur Johannesburgse blow-out in toutjies oor my gesig, is die kans op ’n aanbod ook maar skraal. Ek sluip liewer rond om foto’s te neem.

Skielik hoor ek varke ontroosbaar skree; regte varke op pad slagpale toe. ’n Kombi met grynslaggende insittendes ry oor die sypaadjie om die hoek. Agter-op is “Capitalist Pigs” in rooiverf bedrup. Niemand gee om nie, met ’n paar tongklappe en oë wat hemelwaarts sug, gaan die partytjies onverpoos voort...

-   Marike Bekker [caption id="attachment_36802" align="aligncenter" width="563"]Die Carlton-hotel waar die Leonardo Dicaprio en die ander sterre van Great Gatsby bly Die Carlton-hotel waar die Leonardo Dicaprio en die ander sterre van Great Gatsby bly[/caption] [caption id="attachment_36670" align="aligncenter" width="397"]Daar’s nooit ‘n vervelige oomblik by die Cannes-filmfees nie en talle interessante karakters Daar’s nooit ‘n vervelige oomblik by die Cannes-filmfees nie en talle interessante karakters [/caption] [caption id="attachment_36671" align="aligncenter" width="379"]Nog ‘n interessante karakter Nog ‘n interessante karakter[/caption] [caption id="attachment_36669" align="aligncenter" width="400"]‘n Betoger teen kapitalisme ‘n Betoger teen kapitalisme [/caption]

[caption id="attachment_36668" align="aligncenter" width="450"]Betogers teen Hollywood-films, wat van mening is dat Cannes is vir onafhanklike films is en nie lokettreffers nie Betogers teen Hollywood-films, wat van mening is dat Cannes is vir onafhanklike films is en nie lokettreffers nie[/caption]

Jongmense met papierbordjies wat aanbied om enigei iets te doen vir 'n kaartjie na die rooitapyt geleenthede
Jongmense met papierbordjies wat aanbied om enigei iets te doen vir 'n kaartjie na die rooitapyt geleenthede

[caption id="attachment_36674" align="aligncenter" width="491"]Die Suid-Afrikaanse vlag wapper by Cannes Die Suid-Afrikaanse vlag wapper by Cannes [/caption]

[caption id="attachment_36667" align="aligncenter" width="378"]Roberta Durrent wat die fliek 'Felix' gemaak het Roberta Durrent wat die fliek 'Felix' gemaak het[/caption]

 

Klik hier vir galery