Ek het onlangs wakker geword met die grootste glimlag en blydskap in my hart. Ek en JP was twee jaar getroud! Dit voel al soos ’n leeftyd, maar dan sê my ma: “Wag tot julle 35 jaar getroud is!”

Dis darem verskriklik baie sakke sout saam opeet! Maar dis die grootste blessing ooit as jy dit doen saam met die man wat jy so ongelooflik liefhet en so baie respekteer.

Twee jaar gelede het ons in die mooiste ou kerk getrou in die Paarl. Dit was ’n koue maar sonnige wintersmiddag; al ons vriende en familie van alle hoeke en kante van die wêreld het kom deel in ons spesiale dag.

02

En daar het ons gestaan en ons belofte aan die Here gemaak om mekaar te eer en respekteer en om vir mekaar te sorg in die goeie en slegte tye en om mekaar te beskerm en lief te hê tot die dood ons skei.

Elke dag raak ons liewer vir mekaar, gehegter aan mekaar . . . Net wanneer ’n mens dink jy kan moontlik nie nog liewer raak vir iemand nie, raak daai gevoel net warmer en sterker en die oorvloed van liefde kom van die een of ander onuitputlike, oorvloeiende fontein van jou binneste af.

Hier is so ’n kort video-insetsel van ons spesiale dag twee jaar gelede: http://vimeo.com/33146381 Baie dankie aan Huisgenoot se sustertydskrif YOU wat ons benoem het as gunsteling-paartjie. Gaan stem gerus vir jul gunstelinge by http://youspectacular.you.co.za 728X90-YOUSPEC Baie geluk ook aan Indië, wat die IKR-kampioenskapstrofee gewen het. Virat (Kohli), los maar eerder die “Gangnam Style” vir Chris Gayle (heel onder)!

03

Baie geluk ook aan Kim Kardashian en Kanye West met die geboorte van hul dogtertjie, North West. Sy sal in Suid-Afrika bekend staan as Mafikeng . . . Kyk hierdie interessante stukkie inligting wat ek gekry het. Sien julle pappa se naam?

04

En baie sterkte aan ons Madiba! Ons bid vir jou, Tata!

madiba