Kyk gerus hoe lyk die nuwe aankomelinge in my huis . . . Ek is absoluut versot op die toonbedekking en tikkie metaal daarby, so hierdie stewels is beslis dié winter ’n moethê-item!

Wagheeba

Boonop het ’n moderne kinkel om te pas by vandag se modeneigings. Dis elegant, vang die oog en is beslis nie alledaags nie.

Om alles te kroon, gaan swart-en-wit hierdie seisoen die botoon vier. Gaan grawe gerus in jou kas vir swart-en-wit items, want monochroom mode is vir seker hier om te bly!

Dis een van my gunsteling-items dié vir die winter!

Wagheeba 2

Ek dra dit by:

Hemp R89,99, Mr Price

Jean R499,99, Zara

Oorgroot trui R200, Vintage Market

Zaylin-stewels R499, Zoom (Jy kan dit ook aanlyn koop by Spree: http://www.spree.co.za/en/zaylin-boots-black)