Liewe Mnr 4x4,

Ek verstaan jou groot droom is ’n vinnige sportmotor – die soort waarvoor almal op die pad vinnig padgee wanneer jy aangery kom. Ek weet ook jou dubbelkajuitbakkie met al jou plakkers en ekstras daarop kos byna dieselfde as ’n nuwe sportmotor.

Maar ek moet jou ongelukkig vandag meedeel jou groot, kragtige, intimiderende dubbelkajuit is beslis nie ’n vinnige sportmotor wat gemaak is om teen 160 km/h op ’n snelweg mee te jaag en almal uit jou pad te dwing nie.

Doen almal eerder ’n guns en gebruik jou 4x4 waarvoor hy gemaak is, of koop vir jou daardie sportmotor.

Elsabe

Stem jy saam met hierdie leser (en baie ander mense) se opvatting dat 4x4-bestuurders die ongeskikste bestuurders op die pad is? Deel jou storie met ons en stuur dit na web@huisgenoot.com.