Ons kosblogger Sarah Graham deel ’n paar heerlike en blitsvinnige slaairesepte.

1809 Lifestyle Blog (Sarah) photo 1 EK HET die afgelope weke baie geskryf oor die verandering van die seisoene (Laat waai met ’n braaiEk proe al die lente).  En nou wil ek ’n bietjie meer gesels oor hoe dit op ons borde neerslag vind. Uiteraard beteken warmer weer en sonskyn dat ons daarvan hou om ligter te eet: gesonder kos wat ons “suiwer” van al die bredies en pasta van daardie koue winternagte, vars kos wat ons uit die greep van eindelose winterpoedings, glase wyn en warmsjokolade laat ontsnap. Ek help jou baie graag met ’n bietjie van ’n lente-afskop. Hier is ’n paar van my gunsteling-lenteslaaie wat selfs die mees toegewyde pastei-eter sal laat smul. Dis nie slaaie wat pap slaaiblare betrek of nie die honger stil nie, maar eerder slaaie wat jou versadig sonder dat jy skuldig voel. Bon appetit, vriende! Tweeminuut-tuna-en-kekerertjieslaai met heuningmosterdsous

Genoeg vir 2 mense | Bereiding: net meer as 2 minute

Tuna salad

JY HET NODIG

Sous

1 t (5 ml) (opgehoop) Dijonmosterd

1 e (15 ml) heuning

2 e (30 ml) rooiwynasyn of suurlemoensap

4 e olyfolie

knypie sout

Slaai

1 blikkie tuna in soutwater, gedreineer

1 blik kekerertjies, gedreineer

1 selderystingel

½ ryp avokado, in blokkies gesny

½ ryp tamatie, in blokkies gesny

½ klein rooi-ui, fyn gekap

vars pietersielieblare vir voorsit

MAAK SO 1 Sous Plaas al die bestanddele in ’n konfytfles, draai toe en skud tot die sous romerig is. Proe en maak seker die geurbalans is na smaak. Indien nie, pas aan. 2 Slaai Plaas al die bestanddele, die sous inkluis, in ’n groot mengbak en meng liggies saam. 3 Sit net so voor of saam met pitabrode of vars brood, of oor pennepasta of couscous. Geroosterde heuning-en-soja-salm met gort-en-kruieslaai

Genoeg vir 2 mense | Bereiding 5 minute | Gaarmaaktyd 30 minute

grilled honey and soy salad

JY HET NODIG

Slaai

½ k (125 ml) pêrelgort

1 e (15 ml) elk gekapte vars kruisement, basilie en pietersielie

2 e (30 ml) rooiwynasyn of suurlemoensap

1 e (15 ml) olyfolie

1-2 t (5-10 ml) heuning

½ t (2,5 ml) gedroogde brandrissievlokkies (opsioneel)

klein handjie vol grof gekapte suiker-ertjies (opsioneel)

50 g gekrummelde vars feta- of ricottakaas

sout en peper na smaak

Salm

2 salmfilette van sowat 150 g elk

3-4 t (15-20 ml) heuning

3-4 t (15-20 ml) sojasous

sap van 1 lemmetjie

1 gemmerstokkie van sowat ’n vingerduim dik, gerasper

sout en peper na smaak MAAK SO 1 Slaai Spoel die gort in ’n sif of vergiettes onder koue lopende water af. Plaas in ’n kastrol en bedek met sowat ½ cm kokende water. Laat sowat 30 minute of die stoof prut. Verwyder van die hitte, dreineer en laat afkoel. Giet saam met die orige bestanddele in ’n bak en hou eenkant. 2 Salm Voorverhit intussen jou oond se roosterelement tot die hoogste stelling. Plaas die salmfilette in ’n vuurvaste bak of pan en drup die heuning, sojasous en lemmetjiesap oor. Strooi die gemmer oor. Rooster sowat 8 minute tot medium/gaar. Skep die pansappe oor net voor jy dit voorsit. 3 Sit die salm so gou moontlik voor met ’n gul porsie slaai en ’n ekstra bedruipsel lemmetjie- of suurlemoensap. Wenk Vervang die gort met gaar couscous, pennepasta of baba-aartappeltjies. Oosterse garnaal-en-noedelslaai

Genoeg vir 2 | Gaarmaaktyd 15-20 minute

Asian-style prawn and noodle salad

JY HET NODIG

Sous

1 t (5 ml) sesamolie

2 t (10 ml) sojasous

½ t (2-3 ml) soet brandrissiesous

2 t heuning

1 t gerasperde vars gemmer

sap van 1 lemmetjie

Slaai

200 g rysnoedels

1 rooi soetrissie, sade verwyder en in skyfies gesny

½ k (125 ml) suiker-ertjies, dwars in die helfte gesny

200 g ontdopte garnale

’n paar vars basilieblare, om voor te sit

MAAK SO

Voorverhit die roosterelement.

1 Sous Meng al die bestanddele saam. 2 Slaai Kook die noedels volgens die aanwysings op die pakkie. Voeg die rissie en ertjies vir die laaste 2 minute by. Dreineer en hou eenkant. 3 Plaas die garnale in ’n vlak vuurvaste bak en bedek met twee derdes van die sous. Plaas 5-7 minute onder die roosterelement (draai halfpad om) tot die garnale ’n roospienk kleur het en gaar is. (Jy kan ook die garnale  vinnig in ’n vuurwarm wok tot gaar braai.) 4 Skep die noedels, soetrissie, ertjies en garnale op en drup die orige sous en enige pansappe oor. 5 Sit voor met vars basilieblare en ’n ekstra bietjie lemmetjiesap indien verkies. Afkortings

e = eetlepel

t = teelepel

- Sarah Graham

Sarah Graham Sarah Graham is  ’n kosblogger, kookboekskrywer en TV-sjef. Lees gerus haar kosmymeringe op haar blog. Jy kan haar kookboek bitten in boekwinkels koop of op haar webtuiste. 

Lees Sarah se ander blogs vir Huisgenoot:

Laat waai met ’n braai

Ek proe al die lente

En skielik is ons mal oor bak

Sop, lieflike sop

Die pad vorentoe

Kosnostalgie