Die advertensie is Donderdag deur die gebruiker Average Joe geplaas, maar is kort daarna verwyder, het die koerant berig.

Dit het ‘’n foto van Zuma gehad en die prys was onderhandelbaar.

“Het ‘’n werkende president dringend nodig. Dié een het hoë onderhoudskoste. Sal aanvaar wat ons kry; maak net ‘’n aanbod,” het die gepaardgaande boodskap gelees.

Die advertensie het ook gesê die verkoper is gewillig om dit vir ‘’n slimmer of goedkoper model te ruil, maar geen kansvatters moet antwoord nie, “slegs dié met strepieskode-ID-boekies of wat belasting betaal”.

Die president se woordvoerder, Mac Maharaj, het aan die koerant gesê hy het nie die advertensie gesien net en kan dus nie kommentaar lewer nie.

‘’n Woordvoerder vir Gumtree, Estelle Nigel, het na bewering aan mybroadband.co.za gesê die aanlyn platform kan nie gebruik word om mense te verkoop nie.

“Ons moedig gebruikers aan om slegs advertensies op te laai wat wettige goedere en dienste (of versoeke vir die bogenoemde) bied,” het sy gesê.