Lede van die opposisiepartye asook baie ’n groot deel van die burgerlike samelewing het gehoop die feit die dat stemming vir die eerste keer in die geheim plaasgevind het, sal ’n verskil maak. 

Uiteindelik het die meerderheid LP’s Dinsdagmiddag, met 198 stemme teenoor 177 in die Nasionale Vergadering, teen die mosie van wantroue gestem. 

Nege LP's het buite stemming gebly.

Uiteindelik beteken dit dat ten minste 30 ANC-LP's vir die mosie gestem het.

Van die ANC-lede het Baleka Mbete, Speaker van die Nasionale Vergadering, se aankondiging luidkeels toegejuig. 

Zuma het buite die parlement sy ondersteunders toespreek en bedank vir hul volgehoue ondersteuning. 

Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie, het na die stemming sy teleurstelling uitgespreek.  

Die uitslag was baie slegte nuus vir die rand.

Volgens Netwerk24 het dit binne minute ná die mosie van wantroue misluk het, reeds met 1% teen die dollar verswak.

Daar word verwag dat die rand sal aanhou daal deur diue loop van die week.