Die 34-jarige New Girl-ster het onlangs ’n popliedjie saam met die legendariese Prince uitgereik. Dié twee het mekaar ontmoet toe Prince (55) ’n gas was in ’n onlangse episode, waarin Zooey se karakter en Prince die liedjie FALLINLOVE2NITE gesing het.

Hy het so baie daarvan gehou dat hy dit as ’n liedjie uitgereik het.

“Dit is koel, want ek maak ook musiek saam met die indie-folkgroep She & Him,” het Zooey gesê.

Sy is ook ’n groot aanhanger van Prince.

“Hy is baie vriendelik en so vrygewig en net so talentvol, regtig ’n wonderlike mens en ek voel baie gelukkig dat ek hom kon leer ken.”

http://www.youtube.com/watch?v=WSJ2Cs-iAXw

BRON: ROLLINGSTONE.COM