Bruce Fordyce soen vir Zola Budd by die 2012-Comrades-marathon.

Sy gaan ook oor die Paasnaweek aan die Twee Oseane-marathon deelneem as deel van haar voorbereiding vir die Comrades.

Zola het haar eerste Comrades in 2012 voltooi met ’n tyd van agt uur en vyf minute.

“Ek was onder baie druk om dit in sewe uur en 30 minute te voltooi om die silwermedalje te wen, maar ek is bly ek het na Bruce Fordyce se raad geluister en konserwatief gehardloop,” het sy gesê.

“Dit was baie moeilik, en ek het gesê ek gaan dit nooit ooit weer doen nie. Maar ek is opgewonde om weer deel te neem.”

Zola het beplan om verlede jaar deel te neem, maar moes onttrek nadat sy griep gekry het.

- Sapa