Dis mos nou wrintiewaar wonderlike nuus! Die ooievaar het die akteurspaartjie en deesdae suksesvolle modeontwerper, Altus Theart en sy beeldskone vrou, Zetske van Pletzen, se adres in die hande gekry.

Die Getroud Met Rugby-akteur en sy vrou het die nuus die afgelope naweek eksklusief aan Rapport bekend gemaak.

A photo posted by @altustheart on

Die paartjie het mekaar in 2008 ontmoet op die stel van Kruispad toe hulle die rol van broer en suster vertol het. Met die neem van die eerste groot besluit, was Huisgenoot boonop daar!

Die liefdesvonke het gespat en op 6 Januarie 2012 het die talentvolle paartjie in Bronkhorstspruit getrou.

Die goeie nuus van die swangerskap en die verwondering daaraan groei elke oomblik vir die paartjie.

“Die babatjie is nou 10 cm lank. So groot soos ’n suurlemoen en alles is reeds gevorm. Dis ongelooflik. Die toontjies, naeltjies, wenkbroue . . ." het Zetske na hul eerste skandering gesê.

Zetske se pa, Pierre van Pletzen, oftewel die nimlike Oubaas van 7de Laan is slaggereed vir die aankoms van die nuweling. En Zetske se ma, die aktrise Elzette Maarschalk, deel ook sterk in die opgewondenheid.

So het Zetske destyds aan Huisgenoot vertel hoe dit was om ouers as akteurs te hê:

Bron: Netwerk24, blankcanvasblogs.wordpress.com

Ander stories op Huisgenoot.com:

Deadpool se Ryan Reynolds en sy mooie vrou Blake Lively deel groot nuus

Kyk: Ratse sjimpansee ‘cha-cha’ op kragdrade ná sy ontsnapping

Pragfoto’s: Die sprokiesverhaal van prins Rainier III en die beeldskone Grace Kelly se lewe saam

Hiert jy! Daar ontluik nóg ’n Schumacher in ’n gedugte spoedvraat

Ouers in trane oor jong Asperger-lyer se roerende gedig