Die paar is onlangs met die tiener herenig, byna twee dekades nadat sy, toe sy slegs net dae oud was, uit Groote Schuur-hospitaal ontvoer is.

Die vrou wat haar ontvoer het, is verlede week op borgtog van R5 000 vrygelaat.

Zephany se biologiese ouers het aan die radiostasie Cape Talk gesê hulle glo dat daar ’n rede/redes was hoekom die vrou (nou 50) van Lavender Hill hul dogter ontvoer het.

Morné Nurse, die tiener se biologiese pa, sê daar is ’n spesiale band tussen hulle.

“Ek dink daar is aanvaarding van haar kant af. ’n Mens kan dit aflei uit die boodskappe wat ek elke dag van haar af kry,” het hy aan die omroeper gesê.

Nurse het beklemtoon hulle is nie kwaad vir die vermeende ontvoerder nie.

“Ons gesin glo aan vergifnis en ons leef dit uit. Ons kan nie haat nie, en ’n lewe sonder vergifnis is ondenkbaar. Ek dink dit is die rede hoekom ons so besonders is. Toe ek my dogter sien, het ek onmiddellik ’n gevoel van vergifnis ervaar.”

Luister hier na die onderhoud:

Bronne: EWN, Cape Talk