Die beskuldige in die Zephany Nurse-ontvoeringsaak is skuldig bevind daaraan dat sy die kind 19 jaar gelede uit haar slapende ma se arms gesteel het.

“Dis vir my duidelik dat daar oorweldigende bewyse is,” het regter John Hlophe Donderdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof gesê.

“Dis duidelik uit DNS-bewyse dat jy nie die ma is nie. ’n Mens hoef nie ’n vuurpylwetenskaplike te wees om te weet jy koop nie babas nie.”

Die beskuldigde, wie se naam nie genoem mag word nie omdat dit daartoe kan lei dat die tiener geïdentifiseer word, het onskuldig op aanklagte van ontvoering, bedrog en oortreding van die Kinderwet gepleit.

Regter Hlophe het Woensdag die vrou se getuienis bevraagteken en gesê niemand sou haar bewerings glo nie.

Hy het haar getuienis verwerp en gesê hy het “dae lank na haar leuens gesit en luister”.

“Sy het volgehou sy het die baba vir R3 000 gekoop en ’n deposito van R800 betaal, maar nie ’n betaalstrokie gekry nie. Wie kan dit glo?”

Bron: News24

Ander stories op Huisgenoot.com:

‘Ek moes dae lank na leuens luister,’ sê regter in Zephany-saak

Drie verdagtes vas ná Tokai-moord

‘Celeste, ek het nooit jou kind uit jou arms gevat nie,’ sê Zephany se grootmaakma in hof