Zephany Nurse se biologiese ma het in trane uitgebars toe sy vertel van die oomblik toe haar dogter 19 jaar terug uit Groote Schuur-hospitaal ontvoer is.

[caption id="attachment_118525" align="alignnone" width="600"]Celeste vertel sy was maar 18 toe Zephany gebore is. Foto: Verskaf Celeste vertel sy was maar 18 toe Zephany gebore is. Foto: Verskaf[/caption]

Celeste Nurse het in die Wes-Kaapse hooggeregshof aan regter John Hlope gesê sy was op medikasie nadat ’n noodkeisersnee op 28 April 1997 gedoen is om die baba wat sy vir net drie dae sou ken in die wêreld te bring. “Ek was 18. Dit was my eerste swangerskap.”

Lees ook: Afrikaanse sangeres sterk aan ná groot knieoperasie

Drie dae later, steeds in ’n “bedwelmde” toestand, het sy gehoor Zephany huil. Toe sy wakker skrik, het sy ’n vrou by die deur sien sit.

Haar bed en die bababedjie was reg langs die ingang. “Sy het gesê die kind het gehuil en gevra of sy haar kan optel.”

Die vrou het ’n Old Mutual-top en wynrooi broek gedra, soortgelyk aan die uniform van die verpleegpersoneel, het Celeste getuig. Sy het gesê sy kon nie onthou wat daarna gebeur het nie. “Ek het wakker geskrik toe die verpleegster inkom en vra: ‘Mamma, waar is jou baba?’”

Celeste, toe nog met ’n drup in haar arm, het op elke vloer van die hospitaal na haar baba gesoek. “Maar sy was nêrens. Weg.”

celeste nurse

Die polisie is ontbied en ’n ma wat ’n verdagte vrou vroeër in die saal gesien het, het ’n beskrywing van die vreemdeling help gee.

’n Verdagte (51) het skuld ontken. Die beskuldigde staan tereg op aanklagte van ontvoering, bedrog en die oortreding van die Kinderwet.

Lees ook: Studente van alle rasse bid saam by Tuks

Die vrou, wie se naam nie kan bekendgemaak mag word nie omdat dit daartoe kan lei dat die tiener geïdentifiseer word, is in Februarie verlede jaar in hegtenis geneem.

Die saak het aan die lig gekom toe die tiener se biologiese suster, wat vier jaar jonger as sy is, vir haar ouers gesê het ’n matriekmeisie by haar skool lyk nes sy en haar ouers.

Toe die ouers ontdek die meisie verjaar op dieselfde dag as hul vermiste kind, het hulle dit by die polisie gaan aanmeld. DNS-toetse het bevestig die tiener is inderdaad hul dogter.

Bron: News24

Ander stories op Huisgenoot.com

Wat jy alles moet weet oor meningitis-uitbreking op Mosselbaai

’n Fotoverhaal: Legendariese ‘prentjiemaker’ Jans Rautenbach vier 80

Kyk: Gewilde sanger pak nare gewoonte om op jou selfoon te wees terwyl jy bestuur in musiekvideo

Friends-reünie groot teleurstelling vir lojale aanhangers

Taylor Swift skitter as bruidsmeisie by vriendin se troue