Zephany Nurse – soos sy aan haar biologiese ouers bekend is – het Dinsdag 28 April verjaar en dié dag vir die eerste keer saam met haar biologiese ouers, Morné en Celeste Nurse, deurgebring. Maar sy vier ook haar verjaardag op 30 April, die dag wat haar grootmaakma as haar geboortedag aangedui het.
Sy het onlangs ’n versoek in die Pretoriase hooggeregshof gewen, wat die media verhoed om haar identiteit ná haar 18de verjaardag bekend te maak.

Sy het onlangs ’n versoek in die Pretoriase hooggeregshof gewen, wat die media verhoed om haar identiteit ná haar 18de verjaardag bekend te maak.

Zephany is opgespoor nadat haar biologiese ouers se tweede oudste dogter, wat vier jaar ná Zephany se verdwyning gebore is, vanjaar aan ’n Kaapse skool met gr. 8 begin het.

Haar klasmaats het gedurig vir haar gesê ’n meisie in matriek lyk nes sy. Die twee meisies het vriende geword en op die ou end het die jonge se pa gesê hy wil sy dogter se nuwe vriendin ontmoet.

Die ooreenkoms tussen die twee was so merkwaardig dat die pa die polisie genader het. Die ouer meisie se ouers kon nie vir hul enige rekord van haar geboorte wys nie.

Die Valke het toestemming gekry om die betrokkenes se DNS te toets en dit het Zephany se identiteit as die vermiste meisie bevestig.

Zephany se grootmaakma mag glad nie met haar kontak maak nie en sal na verwagting weer op 29 Mei voorkom op aanklagte van ontvoering.

Ekstra bronne: IOL.co.za en Ewn.co.za