Die 17-jarige aktrise/sangeres Zendaya het onlangs gesels oor haar loopbaan en wat sy geleer het oor die liefde.

Oor verlief wees: “Kry iets wat jy so liefhet dat niks jou aandag kan aftrek nie. Liefde is ’n groot ding, solank jy eers op jouself konsentreer.”

Oor haar nuwe album: “Ek is mal oor elke liedjie en voel beslis dis 100 persent my styl. Ek sou nie iets gedoen het as ek nie 100 persent seker was dis wie ek as ’n kunstenaar is nie.”

Bronne: justjaredjr.com; flaunt.com