Oudpres. Nelson Mandela se legendariese persoonlike assistent, Zelda la Grange, het Saterdag die hartseer nuus van haar hondjie se dood op Twitter gedeel. “Gister (Vrydag) moes ek my meisiekind laat gaan. Sy het ’n baie aggresiewe kanker om die hart gehad. Totsiens, Indira. Mamma is lief vir jou,” het sy getwiet.

In ’n hartverskeurende Facebook-boodskap het Zelda Dinsdag by haar profielfoto van haar en haar hondjies geskryf: “Indira het ’n kwaadaardige gewas in haar hart. Dit is ons laaste Kersfees (saam).”

[caption id="attachment_149816" align="alignnone" width="600"]Zelda saam met haar hondekinders. Foto: Facebook Zelda saam met haar hondekinders. Foto: Facebook[/caption]
Boodskappe van Zelda se Twitter-volgelinge laat ’n mens met ’n knop in jou keel. Honde-drukkies om dit beter maak . . .
“Ek hoop sy hardloop in ’n veld vol blomme . . . ”
“Mag haar spore altyd in jou hart bly . . . ”
“Dit gaan beter raak . . .”

Die sangeres en 7de Laan-ster Amor Vittone het ook vandeesweek in ’n treffende Facebook-inskrywing van haar en Joost van der Westhuizen se eerste hondjie saam afskeid geneem.