Die sanger van One Direction is gek oor sy verloofde, Perrie Edwards (20), van Little Mix, se nuwe liedjie, Move.

Zayn het die Little Mix-ster in Augustus die jawoord gevra. “Nuwe siek liedjie van my liefie en haar pragtige orkeslede en dis vandag uit! Xx,” het hy getwiet. Oulik.