Maar Michelle (36) en Zac (26) het glo uitgemaak ná ’n reuse uitval in Ibiza. “Michelle volg haar eie kop. Zac het geweet dis hoe sy is toe hy met haar begin uitgaan,” het ’n bron aan die tydskrif Us Weekly gesê.

Zac is glo mal oor Michelle ten spyte van die beweerde uitval, maar die aktrise van Fast & Furious-faam voel blykbaar nie dieselfde nie. “Hy is dalk meer beenaf op haar as wat sy op hom is.” Nog ’n bron het gesê: “Zac wil steeds by haar wees.”

Die twee ken mekaar glo sedert 2011. Zac en Michelle was albei in rehabilitasie en het glo dadelik goed oor die weg gekom omdat elkeen verstaan het waardeur die ander gegaan het.

“Hulle is baie gemaklik met mekaar; dis hoekom daar ’n verhouding ontstaan het,” het iemand in die binnekring aan die Britse weergawe van Heat gesê.

“Hulle het ’n hegte band gevorm vanweë hul destydse probleme en het mekaar ondersteun wanneer hul verhoudings met ander misluk het. Michelle verstaan waardeur Zac nou nog gaan en veroordeel hom nie.

“Hulle is ook albei mal oor motorfietse, hou van kuier en is sportief; dit werk net tussen die twee. Dit pla hom nie dat sy biseksueel is nie. Hy is mal oor hoe vrygeestig sy is.”

Zac en Michelle het nie kommentaar gelewer op gerugte dat hul romanse verby is nie.

© Cover Media