Hy voel ’n gewig is van sy skouers gelig nadat hy verlede maand daaroor gepraat het.

Die 26-jarige hartebreker, wat verlede jaar twee keer behandeling vir verslawing ontvang het, is bly hy het hart oopgemaak oor sy persoonlike stryd omdat dit ’n verligting was om oor die geheim te praat.

Hy het Maandag op die program Today Show gesê: “Dit was ’n las van my skouers; dit was fantasties. Dit was ’n fantastiese oomblik. Dit was ’n rowwe jaar.”

Die akteur speel in die komedie Bad Neighbours teenoor Seth Rogen en is bly dat sy loopbaan weer op dreef is ná ’n moeilike jaar. “Dis nogal snaaks – Bad Neighbours is die kersie op die koek. Ek kon alles wat ek ervaar het in daardie fliek gebruik. Ek voel fantasties. Ek voel werklik geseën om saam met die groep ouens te werk. Dit kan nie beter nie. Ek is baie opgewonde.”

Zac – wat in 2006 beroemd geraak het danksy ’n hoofrol in High School Musical – het verlede maand erken hy het verneder gevoel toe sy foute in die openbaar uitkom. “Ek het baie gedrink, heeltemal te veel. Dis nooit een spesifieke ding nie. Ek bedoel, jy is in jou twintigs, enkellopend, en woon in Hollywood, jy weet? Jy word alles aangebied. Ek sou niks verander nie; ek moes alles leer wat ek geleer het. Maar dit was ’n interessante reis om die minste te sê.”